Die jongste punteleer vir die Suid-Afrikaanse groep lyk só:
Sewesrugby
Die negende toernooi van die Wêreldreeks word komende naweek in Parys gespeel. Dit sal die voorlaaste toernooi van vanjaar se reeks wees. Die planmaker Rosko Specman is terug in die span terwyl Dewald Human sy debuut maak vir die Blitsbokke.
Moto GP
Na die Spaanse Moto GP staan sake só op die punteleer:
Fietsry
Die 100ste toer van Italië se vierde skof word vandag beslis. Gister was ʼn rusdag en alle oë sal vandag op die verdedigende kampioen Vincenzo Nibali en Nairo Quintana wees wanneer die eerste bergpremie afgehandel word.
IPL-krieket
Gister is daar een wedstryd gespeel. Die Sunrisers Hyderabad het die Mumbai Indians met sewe paaltjies geklop.
Bepalings:
Vrouekrieket
Suid-Afrika speel vandag in sy tweede wedstryd van die vierhoekige reeks op Potchefstroom teen Indië. Die Proteas het hul eerste wedstryd teen Zimbabwe gewen.
Netbal
Die Brutal Fruit-premierliga se jongste punteleer lyk só.
Gholf
Kom ons loer na die jongste ranglyste:
Hokkie
Hier is die Varsity-hokkiereeks vir vroue se punteleer ná die naweek se wedstryde:
Gister het Wits vir UKZN met 15-4 geklop terwyl Tuks die Madibaz met 14-0 pak gegee het. Kovsies het op hul beurt vir UJ met 4-3 geklop.
Tennis
Raven Klaasen van Suid-Afrika is weer onder die wêreld se tien top-spelers op die dubbelspelranglys. In die enkelspel het Kevin Anderson verbeter na die 57ste posisie.
En op die Madrid Ope het Maria Sharapova in haar wraakwedstryd teen Eugenie Bouchard pak gekry. Bouchard het in drie stelle geseëvier met 7-5, 2-6 en 6-4.
Sokker
In die Engelse premierliga is daar gisteraand een wedstryd gespeel. Chelsea is op die randjie om gekroon te word as die kampioenspan van 2017.
- Chelsea 3 – 0 Middlesbrough
In Suid-Afrika se premierliga staan sake só:
Vandag om 19:30 speel SuperSport United teen Cape Town City FC.