Vandag se sportnuus

Foto: Twitter.

Krieket:

  • Met verskeie internasionale sportgebeure wat weens die koronavirus, oftewel Covid-19, uitgestel word, gaan Engeland se krieketspan geen kanse op hul toer na Sri Lanka waag nie.

In ’n poging om die virus vry te spring, gaan Joe Root se span nie op dié toer met die hand groet nie, maar eerder die vuiste teen mekaar stamp.

“Buiten dié voorsorgmaatreël, gaan ons ook gereeld ons hande was en oppervlakke gereeld met anti-bakteriese lappies afvee. Daar is tot dusver geen sprake dat die toer weens die virus afgelas sal word nie, maar die situasie verander voortdurend,” het Root gesê.

  • Intussen is Faf du Plessis en Rassie van der Dussen terug in die Proteas se kleure vir die Suid-Afrikaners se toer na Indië later vandeesmaand.

Dan is die 28-jarige draaier, George Linde, ook nadergetrek. Die eerste wedstryd is op 12 Maart in Dharamsala.

Die Protea-groep: Quinton de Kock (kaptein), Temba Bavuma, Rassie van der Dussen, Faf du Plessis, Kyle Verreynne, Heinrich Klaasen, David Miller, Jon-Jon Smuts, Andile Phehlukwayo, Lundi Ngidi, Lutho Sipamla, Beuran Hendricks, Anrich Nortje, George Linde en Keshav Maharaj.

Rugby:

  • In Superrugby-nuus sal Marius van der Westhuizen in beheer van die Sharks en Jaguares-kragmeting wees.

AJ Jacobs sal die man in die middel vir die Bulls gedurende die Highlanders-tweestryd wees.

  • In gisteraand se Varsitybeker-aksie het Maties vir Tukkies met 13-7 in Stellenbosch getroef.

Die Pretoriase studente is egter steeds eerste op die punteleer, maar hulle het een wedstryd meer as die Maties gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.