Vandag se sportnuus

Die Proteas se Heinrich Klaasen. Foto: Twitter.

Krieket:

  • Die Proteas het weliswaar die eerste eendagwedstryd in die Paarl met 74 lopies teen Australië gewen, maar hulle kon al geruime tyd nie twee agtereenvolgende wedstryde wen nie.

Die Suid-Afrikaners het die eerste wedstryde van die toets-, eendag- en T20-reekse teen Engeland gewen, net om die volgende kragmeting te verloor. Hulle sal egter vandag alles in die stryd werp om elke ongelowige Thomas verkeerd te bewys wanneer hulle die Aussies in die tweede eendagwedstryd in Bloemfontein aanvat.

Mark Boucher sal waarskynlik nie veel aan sy wenkombinasie karring nie en Janneman Malan behoort weer die kolfwerk saam met Quinton de Kock te open.

Die aksie begin om 13:00.

Hoe die Protea-span kan lyk: Janneman Malan, Quinton de Kock, Temba Bavuma, Kyle Verreynne, Heinrich Klaasen, David Miller, Andile Phehlukwayo, Keshav Maharaj, Anrich Nortjé, Lungi Ngidi en Tabraiz Shamsi.

Rugby:

  • Die Springbok-vuurvreter Pieter-Steph du Toit het vir die tweede keer ’n operasie ondergaan nadat hy ’n hematoom-besering in sy regterbeen opgedoen het.

Hy sal waarskynlik tot Mei op die krukkelys wees.

Tennis:

  • Suid-Afrika se tennisspan is van Vrydag in Davisbeker-aksie teen Bosnië gewikkel.

Lloyd Harris, die wêreld se 98ste beste speler, sal die Suid-Afrikaanse aanslag lei.

Raven Klaasen, Ruan Roelofse en Khololwam Montsi is sy spanmaats.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.