Vandag se sportnuus

Israel Adesanya (links) en Yoel Romero in aksie. Foto: (Steve Marcus/Las Vegas Sun via AP)

Ultimate Fighting Championship:

  • Israel Adesanya, die Nieu-Seelandse hokvegter van Nigeriese afkoms, het sy UFC-titel suksesvol teen Kuba se Yoel Romero verdedig.

Ondersteuners was egter glad nie tevrede met die vervelige verloop van die geveg nie.

Die UFC-grootbaas, Dana White, het sy misnoeë veral met die wyse waarop die 42-jarige Romero die geveg benader het, uitgespreek.

“Romero het vooraf geweet dit is sy laaste geleentheid om ’n wêreldkampioenskap te verower. Ek het gedink hy gaan soos ’n wafferse blits wegtrek, vir Adesanya probeer uitslaan en ’n ton druk op hom plaas. Hy het egter absoluut niks gedoen nie,” het ’n ontevrede White gesê.

“Op sy beurt het Adesanya slim baklei en net gedoen wat hy moes doen. Romero het baie rondbeweeg en gemaak asof hy wil veg.”

  • Die geveg is in sterk teenstelling met Conor McGregor se terugkeer tot die sport.

Hy het Donald Cerrone in Las Vegas binne 40 sekondes uitgeslaan.

Rugby:

  • Nieu-Seeland is die wenner van die Vancouver-sewestoernooi nadat dié span Australië met 17–14 in die bekereindstryd geklop het.

Neil Powell se Blitsbokspan het in die halfeindstryd teen die einste Nieu-Seelanders met 27–15 vasgeval, terwyl die span ook teen Kanada (26–19) in die wedstryd om die derde plek verloor het.

  • Volgens berigte kom die voormalige Springbokafrigter, Jake White, vandag met die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se ringkoppe byeen oor die moontlikheid om dié unie se volgende direkteur van rugby te word.

Die Pretorianers se vorige direkteur van rugby, Alan Zondagh, het weens persoonlike redes na die Kaap teruggekeer.

Krieket:

  • Australië se vrouespan is die T20-wêreldkampioen nadat die Aussies Indië met 85 lopies in die Wêreldbeker-eindstryd in Melbourne gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.