Rugby:
- Plekke wat oorgeslaan is tydens die Springbokke se bekertoer verlede jaar, kan binnekort die Webb Ellis-trofee in hul stad sien!
Bloemfontein en Welkom is beslis op die padkaart, met Siya Kolisi, Bongi Mbonambi en Mzwandile Stick (hulpafrigter) wat môre en Donderdag Port Elizabeth en Grahamstown gaan besoek.
Die volledige pitstop-padkaart sal binnekort bekendgemaak word.
- In gisteraand se Varsitybeker-aksie het Wits Tukkies met 16 – 10 geklop, terwyl Maties Ikeys met 8 – 7 gewen het.
Uitslae:
Wits 16 – 10 Tukkies
Maties 8 – 7 Ikeys
UJ 27 – 26 Shimlas
SUT 47 – 10 UWK
Krieket:
- Die eerste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië word Donderdag in Dharamsala gespeel.
Die Proteas het pas hul eerste reeks onder Mark Boucher se leiding teen Australië gewen en veral die vertonings van Heinrich Klaasen, Kyle Verreynne en Janneman Malan sal vir ondersteuners hoop vir die toekoms gee.
Die Protea-toergroep: Quinton de Kock (kaptein), Temba Bavuma, Rassie van der Dussen, Faf du Plessis, Kyle Verreynne, Heinrich Klaasen, David Miller, Jon-Jon Smuts, Andile Phehlukwayo, Lungi Ngidi, Lutho Sipamla, Beuran Hendricks, Anrich Nortje, George Linde, Keshav Maharaj en Janneman Malan.
Sokker:
- Alle sokkerwedstryde in Italië is vir die voorsienbare toekoms weens Covid-19 gestop.
Daar is tot op hede meer as 400 sterftes in dié Europese land as gevolg van die virus.
Ag al weer Faf – hulle wil maar net nie leer nie. Daar is BAIE beter spelers wat by die huis sit!!!