Vandag se sportnuus

Stormers vs Sharks. (Foto: GB Jordaan)

Rugby:

  • Die twee voorste Suid-Afrikaanse Superrugbyspanne, die Sharks (eerste op die gekombineerde punteleer) en die Stormers (vyfde op die gekombineerde punteleer) meet die naweek in Durban kragte.

Die Sharks het vyf van hul laaste sewe Super-wedstryde teen die Kapenaars gewen, terwyl hulle baie goed op hul oorsese toer vertoon het.

Die wedstryd begin Saterdag om 15:05 en AJ Jacobs sal die skeidsregter wees.

  • Die Lions het Cyle Brink onmiddellik vrygestel om vir die Leicester Tigers in Engeland te gaan speel.

Krieket:

  • Weens Covid-19 sal die Suid-Afrikaanse en Indiese krieketspanne nie mekaar se hande tydens die komende eendagreeks tussen dié twee lande skud nie.

Die Proteas se senior mediese beampte, dr. Shuaib Manjra, reis saam met die span en die groep is duidelik ingelig oor die nodige voorkomingsmaatreëls.

Die eerste wedstryd is môre en te danke aan Janneman Malan en Heinrich Klaasen se heldedade teen Australië, sal dit moeilik vir Faf du Plessis wees om weer sy plek in die middelorde oop te speel.

Sokker:

  • Die Engelse Premierliga-wedstryd tussen Manchester City en Arsenal is uitgestel nadat van Arsenal se spelers en bestuur in isolasie geplaas is.

Die Gunners se spanlede was in aanraking met die eienaar van die Griekse klub, Olympiakos, wat positief vir Covid-19 getoets is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.