Vandag se sportnuus

Mark Boucher. Foto: Facebook.

Krieket:

  • Die Proteas speel vandag in die eerste eendagwedstryd teen Indië.

Dit sal Mark Boucher se eerste reeks weg van die huis wees nadat hy in Desember die leisels as hoofafrigter by Enoch Nkwe oorgeneem het.

Die wedstryd begin om 10:00 en sal regstreeks op SuperSport2 uitgesaai word.

  • Die Proteas se vrouekrieketspan is gereed om die wêreldkampioen, Australië, in ’n eendagreeks op tuisbodem aan te vat.

Die reeks begin op 22 Maart in Durban.

Die Protea-vroue: Dané van Niekerk (kaptein), Laura Wolvaardt, Lizelle Lee, Mignon du Preez, Marizanne Kapp, Suné Luus, Chloe Tryon, Shabnim Ismail, Ayabonga Khaka, Masabata Klaas, Tumi Sekhukhune, Trisha Chetty, Nonkululeko Mlaba en Nadine de Klerk.

Rugby:

  • Die afgelope Wêreldbeker in Japan is die rugbytoernooi wat vir die beste kykergetalle nog gesorg het.

Amper 860 miljoen mense het gedurende die toernooi ingeskakel om die aksie te volg; 26% meer kykers as gedurende die vorige skouspel in Engeland.

Dan het 44,9 miljoen geesdriftiges ingeskakel om die eindstryd tussen die Springbokke en Engeland te volg.

  • ’n Persoon wat later positief getoets is vir Covid-19 het die Superrugby-kragmeting tussen die Lions en die Rebels in Melbourne bygewoon.

Volgens die Australiese media het die man in die negende blok op die pawiljoen gesit en toeskouers wat in dieselfde gebied was, is gemaan om hul gesondheid te monitor.

Sokker:

  • Die verdedigende kampioen, Liverpool, is gisteraand deur Atletico Madrid in die Kampioene-liga uitgeskakel.

Die telling was 3-2 op Anfield.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.