Vandag se sportnuus

Mercedes se Lewis Hamilton het vroeër sy ontevredenheid uitgespreek omdat die Australiese Grand Prix ten midde van koronavirus-vrese sou voortgaan. Die wedren is intussen afgelas. (AP Photo/Rick Rycroft).

Internasionale sport:

  • The Players-gholfkampioenskap is ná net een ronde weens die koronavirus gekanselleer.

Organiseerders van die PGA-toer het ook gesê dat die Valspar-kampioenskap en die Texas-ope onder andere ook in die slag sal bly.

“Ons het alles binne ons vermoë gedoen om ’n veilige omgewing vir ons spelers te skep sodat hulle oor die naweek kan speel. Maar dinge verander voortdurend en dit is die regte ding om vir ons spelers en ondersteuners ’n blaaskans te gee,” het die organiseerders in ’n verklaring gesê.

  • Dan is Sondag se Australiese Grand Prix ook afgelas. McLaren se renspan het gister reeds aan die wedren onttrek omdat een van hul spanlede die virus opgedoen het.
  • Die volgende twee eendagwedstryde tussen Suid-Afrika en Indië sal agter geslote deure gespeel word, terwyl daar ook geen toeskouers gedurende die Superrugby-wedstryd tussen die Jaguares en die Highlanders in Argentinië toegelaat sal word nie.

Krieket:

  • Die eerste eendagwedstryd tussen die Proteas en Indië het gister uitgereën sonder dat ’n enkele aflewering afgestuur is.

Die tweede wedstryd word Sondag om 10:00 beslis.

  • Australië het 258/7 in hul toegelate 50 boulbeurte in die eerste eendagwedstryd teen Nieu-Seeland in Sydney aangeteken.

Marnus Labuschagne het 56 lopies geslaan, terwyl David Warner en Aaron Finch ook vyftigtalle aangeteken het.

Extreme Fighting Championship:

  • Die jaar se eerste EFC-aand is môre in Pretoria.

Themba Gorimbo sal sy weltergewig-titel teen die jong wensensasie Lyle Karam op die spel plaas.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.