Vandag se sportnuus

maroela-media-sportnuus-01Sporttoekennings

Suid-Afrika se 400 m-wêreldkampioen, Wayde van Niekerk, is genomineer vir die Laureus Wêreldsporttoekennings in die katogorie “Deurbraak van die Jaar”. Van Niekerk het ʼn nuwe wêreldrekord van 43.03 sekondes in die 400 m opgestel by verlede jaar se Rio Olimpiese Spele.

Gholf

Die SA Ope se eerste ronde het vanoggend op die Glendower-baan in Ekurhuleni begin.

Daar is ʼn paar interessante driebalgroeperings onder die 156 spelers.

  • Wêreldnommer 2, Rory McIlroy, speel saam met die verdedigende kampioen Brandon Stone en George Coetzee.
  • Ernie Els is op die bof saam met die 2015-kampioen Andy Sullivan en Thomas Aiken.
  • Nog ʼn groepering om dop te hou is Retief Goosen, Darren Fichardt en Hennie Otto.

In die Amerikaanse PGA-reeks begin die Sony Ope in Honolulu vandag.

Drie Suid-Afrikaners gaan hul staal toon. Hulle is Tyrone van Aswegen,

Rory Sabbatini en Branden Grace.

Tydrennuus

Die 39ste Dakartydren se negende skof oor 977 km tussen Salta en Chilecito in Argentinië is gister gekanselleer weens hewige modderstortings.

Motorafdeling:

Sebastien Loeb in sy Peugeot is die algehele voorloper met SA se Geniel de Villiers in sy Toyota algeheel sesde.

Motorfietsafdeling:

Brittanje se Sam Sunderland is steeds die algehele voorloper.

 Krieket

Hasim Amla stap vandag in sy 100ste toetswedstryd op die Wanderers op die veld. Dit is in die derde en finale kriekettoets teen Sri Lanka.

Die Proteas het reeds die reeks 2-0 verower en gaan poog om skoonskip te maak deur die laaste toets ook te wen.

In Wellington speel Nieu-Seeland en Bangladesj in die eerste toets teen mekaar.

En Suid-Afrika se vrouespan speel teen Bangladesj in ʼn eendagkragmeting.

Sunfoil-krieketreeks

Drie wedstryde begin vanoggend om tienuur.

WarriorsvsCape CobrasBuffalo Park, Oos Londen10:00
KnightsvsDolphinsDe Beers Diamant Ovaal, Kimberley10:00
TitansvsHighveld LionsSahara Park Willowmoore, Benoni10:00

Boks

Manny Pacquaio klim op 23 April  weer in die bokskryt om dié keer teen Jeff Horn van Australië te boks. Dit is nog nie duidelik waar die geveg sal plaasvind nie.

Tennis

In Sydney het die Duitser Philipp Kohlschreiber die Aussie Jordan Thompson 7-5 en 6-4 verslaan om die kwarteind te bereik. Dominic Thiem moes hard spook om die kwalifiseerder van Portugal, Gastao Elias, te klop.

Vrouetennis

Johanna Konta het vir Daria Kasatkina by die toernooi in Sydney 6-3 en 7-5 geklop. Eugenie Bouchard het na die volgende ronde deurgedring, maar Caroline Wozniacki is uitgeskakel.

Davisbeker

Suid-Afrika speel van 3 tot 5 Februarie in ʼn Davisbeker-kragmeting teen Estland. SA is 58ste op die Davisbekerranglys.

Sokker

Die tweede halfeind se eerste been in die Engelse Ligabeker is gisteraand gespeel. Southampton het nader aan die eindstryd beweeg met ʼn oorwinning van 1-0 oor  Liverpool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.