Vandag se sportnuus

Rosco Speckman vlieg oor die doellyn vir die Bulls. Foto: GB Jordaan.

Rugby:

  • Die hoof- uitvoerende beampte van Sanzaar, Andy Marinos, het op ’n Nieu-Seelandse rugbyprogram ’n moontlike oplossing vir die Superrugby-krisis gebied. Alle Superrugby-wedstryde is vir eers afgelas in ’n poging om Covid-19 te bekamp.

Terwyl internasionale reise ’n taboe is, kan die toernooi moontlik voortaan uit plaaslike derbies in Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië bestaan.

Afhangend van die koronavirus-maatreëls in elke land – soos in Suid-Afrika waar byeenkomste van 100 mense verbied word – kan wedstryde agter geslote deure gespeel word.

  • Met groot skooltoernooie soos die gewilde Wildeklawer-reeks en die Kearsney Paasfees-toernooi wat weens die koronavirus gekanselleer is, was daar die afgelope naweek darem ’n paar goeie skolerugbywedstryde.

Hier is van die uitslae:

Paarl Gimnasium 38 – 0 Pretoria Boys’ High

Garsfontein 71 – 5 Kemptonpark

HTS Middelburg 24 – 19 Boland Landbou

Outeniqua 38 – 7 Waterkloof

Grey Kollege 92 – 7 Duineveld

Affies 85 – 10 Diamantveld

Hilton College 14 – 10 Glenwood

Menlopark 27 – 23 Ben Vorster

Tennis:

  • Die Franse Ope op Roland-Garros is ook weens Covid-19 uitgestel. Volgens organiseerders sal die toernooi nou van 20 September tot 4 Oktober gespeel word.

Die nuwe datum beteken dat die toernooi slegs ’n week ná die afloop van die Amerikaanse Ope gespeel sal word mits die bepalings bly soos wat dit is.

Extreme Fighting Championship:

Verskeie atlete het prestasiebonusse vir hul vertonings by EFC84 gekry. Onder hulle is Cameron Saaiman, Cole Henning, Pierre Botha en Anicet Kanyeba.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Stof

‘n Ligpuntjie in joernalistiek is dat die broer op die lokfoto minstens herhinder aan ‘n eksotiese papegaai, met geen ooreenkomste met ‘n virus nie.
My gelukwense aan die fotograaf wat hierdie foto so perfek op die regte oomblik vasgelê het.