Vandag se sportnuus

Faf du Plessis. Foto: Cricinfo.

Krieket:

  • Krieket Suid-Afrika het die spelers met nasionale kontrakte vir die 2020-’21-seisoen bekend gemaak.

Die beleërde voormalige Protea-krieketkaptein, Faf du Plessis, het weereens ’n nasionale kontrak vir die komende seisoen losgeslaan.

Die 35-jarige Du Plessis het maar ’n eina-jaar op die veld en Quinton de Kock het die leisels reeds in witbalkrieket oorgeneem.

Vreemd genoeg het Heinrich Klaasen en Janneman Malan – ná hul skittervertonings in die afgelope kitsreeks teen Australië – nie kontrakte gekry nie. Daarteenoor het Beuren Hendricks wel een gekry.

Die Proteas se Heinrich Klaasen. Foto: Twitter.

Die gekontrakteerde spelers is: Temba Bavuma (Lions), Quinton de Kock (Titans), Faf du Plessis (Titans), Dean Elgar (Titans), Beuran Hendricks (Lions), Reeza Hendricks (Lions), Keshav Maharaj (Dolphins), Aiden Markram (Titans), David Miller (Dolphins), Lungi Ngidi (Titans), Anrich Nortje (Warriors), Andile Phehlukwayo (Dolphins), Dwaine Pretorius (Lions), Kagiso Rabada (Lions), Tabraiz Shamsi (Titans), Rassie van der Dussen (Lions).

Olimpiese Spele

  • Volgens mediaberigte in Japan voer hul regering samesprekings met die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) om dié internasionale skouspel met minstens een jaar uit te stel.

Verskeie lande – waaronder Kanada – het reeds gesê hulle gaan nie hul atlete na die Spele stuur indien dit steeds in Julie voortgaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Die Wolf

Eerlikwaar? Heinrich en Janneman gaan soek julle heil nou oorsee. Julle pas blykbaar nie in die jellie baby span nie.