Vandag se sportnuus

Roger Federer is ’n legende op Wimbledon. Foto: AP Photo/Alastair Grant.

Tennis:

  • Die organiseerders van waarskynlik die wêreld se gewildste Grand Slam-tennistoernooi, Wimbledon, sal volgende week vergader om die toekoms van die toernooi in die lig van die Covid-19-pandemie te bespreek.

Die toernooi moes op 29 Junie begin het, maar die koronavirus-pandemie sorg dat internasionale sportbyeenkomste links en regs afgelas word.

“Ons sal alle scenario’s deeglik oorweeg; insluitend om die geleentheid af te las of te kanselleer,” het die organiseerders in ’n verklaring gesê.

Extreme Fighting Championship:

  • Die komende tydperk van afsondering in Suid-Afrika het ook veroorsaak dat EFC85 tot ’n latere datum uitgestel sal word.

Die byeenkoms sou op 4 April in Johannesburg plaasgevind het.

“Dit is ’n wêreldwye pandemie en almal moet hul kant bring om die verspreiding van die virus te beveg. Jy kan jou deel doen deur die volgende drie weke by die huis te bly,” het die organiseerders gesê.

Olimpiese Spele:

  • Atletiek Suid-Afrika en verskeie internasionale atlete het die besluit ondersteun om die Olimpiese Spele met minstens ’n jaar uit te stel.

Lees Suid-Afrika se nuutste swemsensasie, Tatjana Schoenmaker, se reaksie later op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.