Vandag se sportnuus

Rugby

Die loting is gedoen vir die 2019 Rugbywêreldbekertoernooi in Japan. Die Springbokke is saam met Nieu-Seeland en Italië in groep B geloot.

Intussen het Wêreldrugby sy verblyfreël om vir ’n aangenome land toetsrugby te speel, van drie jaar tot vyf jaar verleng. Die reël sal in 2020 in werking tree.

Superrugby

Kom ons loer na môre se bepalings:

 

Sewesrugby

Die tweede laaste toernooi van die Wêreldreeks word Saterdag en Sondag in Parys, Frankryk, gespeel. Op die punteleer is die Blitsbokke gemaklik voor.

 

Motorwedrenne

Die Spaanse Formule 1 Grand Prix se oefenrondes vind môre plaas. Sebastian Vettel  in sy Ferrari is die voorloper op die punteleer met 86 punte. Die twee Mercedes-jaers, Lewis Hamilton en Valtteri Bottas, is onderskeidelik op 73 en 63.

Fietsry

Die Toer van Italië se vyfde skof is gister afgehandel.

  1. Fernando Gaviria (Colombia / Quick-Step) 3:40:11″
  2. Jakub Mareczko (Italië / Wilier Triestina)
  3. Sam Bennett (Ierland / BORA)
  4. Andre Greipel (Duitsland / Lotto)
  5. Phil Bauhaus (Duitsland / Sunweb)
  6. Kristian Sbaragli (Italië / Dimension Data)
  7. Ryan Gibbons (Suid-Afrika / Dimension Data)

Algeheel:

  1. Bob Jungels (Luxemburg / Quick-Step) 23:22:07″
  2. Geraint Thomas (Brittanje / Team Sky) +6″
  3. Adam Yates (Brittanje / Orica) +10″

Toetskrieket

Ná dag een van die derde toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Pakistan, staan Pakistan op 169/2 (69 bb).

IPL-krieket

Gister is daar een wedstryd gespeel. Die Delhi Daredevils het die Gujarat Lions met twee paaltjies geklop.

Bepalings:

 

Vrouekrieket

Suid-Afrika speel vandag in sy derde wedstryd van die vierhoekige Eendagreeks op Potchefstroom teen Ierland. In die ander kragmeting speel Indië teen Zimbabwe.

Gholf

Die Spelerskampioenskap begin vandag op TPC Sawgrass, in Florida. Vyf Suid-Afrikaners sal afslaan. Hulle is Branden Grace, Charl Schwartzel, Louis Oosthuizen, Tyrone van Aswegen en Ernie Els.

Tennis

Op die Madrid Ope het Novak Djokovic en Rafael Nadal hard gewerk om hul openingswedstryde te wen. Andy Murray is deur na die derde ronde. Eugenie Bouchard het haar wedstryd teen Angelique Kerber gewen, nadat Kerber onttrek het as gevolg van ʼn rugbesering.

Sokker

In die Eufa-kampioenliga het Real Madrid teen Atletico Madrid in hul tweede been van die halfeindstryd gespeel. Hoewel Atletico met 2-1 gewen het, is dit Real Madrid wat deur is na die eindstryd met ʼn saamgestelde telling van 4-2.

Juventus en Real sal sake nou in die eindstryd uitspook.

In die Engelse Premierliga is daar gisteraand een wedstryd gespeel.

Southampton            0 – 2   Arsenal

In Suid-Afrika se Premierliga is daar gisteraand 4 wedstryde afgehandel.

Maritzburg United      0 – 0    Platinum Stars

Free State Stars       3 – 1    Bidvest Wits

Sundowns               2 – 2    Baroka FC

Bloemfontein Celtic    0 – 0    Orlando Pirates

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.