Vandag se sportnuus

Roger Federer in aksie. (AP/Halden Krog).

Tennis:

  • Die tennis-superster Roger Federer het ’n video op sosiale media gedeel waarin hy ’n paar van sy toorkunsies sommers so in die sneeu vertoon.

Die 38-jarige Federer het vroeër vanjaar ’n knie-operasie ondergaan en het die Wimbledon-toernooi as sy terugkeer tot tennis uitgesonder. Die kanse is egter groot dat dié spogtoernooi ook weens Covid-19 in die slag kan bly.

Federer het onlangs R18 miljoen geskenk om hulpbehoewende gesinne in Switserland by te staan.

  • Intussen het die wêreld se voorste speler, Serwië se Novak Djokovic, ook onderneem om R18 miljoen te skenk om Covid-19 te help bekamp.

Rugby:

  • Rugby Australië (RA) het 75% van sy werkers vir die volgende drie maande afgelê, terwyl hul president, Raelene Castle, ingestem het om haar salaris met 50% te verminder.

Volgens Castle kan die unie tot A$120 miljoen (ongeveer R1,3 miljard) verloor indien daar geen rugby gespeel word nie.

“Dit is natuurlik in die slegste moontlike geval en ons is optimisties dat die Superrugby-seisoen een of ander tyd vanjaar hervat sal word, terwyl die plaaslike toetse ook gespeel sal word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae