Vandag se sportnuus

Jonah Lomu het sy stempel gedurende die 1995-Wêreldbeker afgedruk. Argieffoto.

Rugby:

  • Stephen Jones, voormalige losskakel van die Britse en Ierse Leeus, het weer eens vir ’n omstrede stelling of twee gesorg.

In sy The Times-rubriek het Jones sy tien top-toetsspanne van alle tye aangekondig met Sean Fitzpatrick se All Blacks voor in die koor.

“Die Nieu-Seelandse span moes eintlik met die louere in die 1995-Wêreldbeker weggestap het. Hulle het die volgende jaar Suid-Afrika met 3 – 1 in vier weke getroef. Die eerste sege was in die destydse Drienasies, gevolg deur Fitzpatrick-hulle se eerste reekssege in Suid-Afrika. Die losvoorspeler-groep van Josh Kronfeld, Michael Jones en Zinzan Brooke was net ongelooflik,” het hy geskryf.

Nick Mallett se Bokspan van 1997/1998 wat 17 agtereenvolgende toetse gewen het, is volgens Jones die beste Springbokgroep in die geskiedenis. Hulle was vyfde op sy lysie.

Jones se top-spanne:

  1. All Blacks van die 1990’s.
  2. Engeland wat die 2003-Wêreldbeker gewen het.
  3. All Blacks wat die 2015-Wêreldbeker gewen het.
  4. Die Walliese span van die 1970’s met inspirerende spelers soos Gareth Edwards en Barry John.
  5. Die Springbokke onder Nick Mallett.
  6. Die Engelse groep wat drie Grand Slams tussen 1991 en 1993 gewen het.
  7. Die Ierse span wat in 2018 die Grand Slam onder Joe Schmidt gewen het.
  8. Nóg ’n Engelse groep. Dié keer die span van 2016.
  9. Die Wallis-span onder Warren Gatland
  10. Siya Kolisi se Springbokke wat verlede jaar die Wêreldbeker in Japan gewen het.

Krieket:

  • George Linde, veelsydige speler van die Cobras, is as die waardevolste speler op die plaaslike kriekettoneel aangewys.

Die 28-jarige Linde het verlede jaar sy debuut vir die Proteas teen Indië gemaak. Hy het vier paaltjies in die toets geneem en 64 lopies aangeteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Raadslid ·

Stem saam. Die 1995 All Black span was uitsonderlik.
Het al baie gewonder of daar nie wedstryd knoeiery in daardie wb finaal was nie….

MakersMark ·

Grootste snert aanmerking ooit. Het jy ooit die wedstryd gekyk ? Aanmerkings klink soos die van ‘n cape moari.

twaalfboor ·

Stephan Jones
Al wat ek sê is….”check the score board pommie”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.