Vandag se sportnuus

Jamie Roberts saam met Siya Kolisi. Foto: Stormers se Twitter-rekening.

Rugby:

  • Die Stormers se Walliese senter Jamie Roberts is terug in sy geboorteland waar hy sy deel doen om die verspreiding van Covid-19 te beveg.

Die 33-jarige agterspeler is ’n mediese dokter en hy het aangebied om saam met ander mediese personeel in die voorste linies van die geveg teen die wêreldwye pandemie te wees.

“Al het ek bitter min kliniese ondervinding, het ek net gedink dat ’n ekstra paar hande geen skade sal doen nie. Die eerste paar dae was ongelooflik inspirerend; dit is verstommend om te sien hoe hard almal werk.”

Hoewel hy nie enige gespesialiseerde werk sal doen nie, sal hy in die kommunikasie-afdeling werk om seker te maak dat die regte inligting aan die publiek deurgegee word.

Roberts het Wallis in 94 toetse verteenwoordig.

Formule Een:

  • Die Kanadese Grand Prix is die jongste F1-wedren wat as gevolg van die Covid-19-pandemie in die slag gebly het.

Dit is die negende wedren wat weens die koronavirus afgelas word.

Olimpiese Spele:

  • Volgens die Wêreldatletiek-beheerliggaam sal die kwalifiseringsperiode vir die Olimpiese Spele eers op 1 Desember hervat word.

Die Spele is reeds tot 23 Julie volgende jaar uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae