Vandag se sportnuus

gerber.jpeg

‘n Jong Danie Gerber in aksie. Argieffoto.

Rugby:

  • Die Doring van Despatch, die legendariese Danie Gerber, vier vandag sy 62ste verjaardag.

Die voormalige Springbok-senter het 19 drieë in 24 internasionale kragmetings gedruk en hy is in rugby se heldesaal opgeneem.

Hy het egter in Maart positief vir Covid-19 getoets. Sy vrou, Elsabé, en dogter, Elanie, het ook die virus opgedoen en hulle is in self-isolasie in Port Elizabeth.

“Ons sal egter nie dat die virus ons onderkry nie,” het Elanie vroeër aan Maroela Media gesê. Sy het ook gesê dat sy en haar pa oor die ergste simptome van die virus is en dat hulle binnekort weer getoets kan word.

  • Intussen sal die Springbok-ster, Frans Steyn, vir die eerste keer sedert sy skoolrugbydae weer in die kleure van die Cheetahs gesien word.

Die 32-jarige speler wat al twee keer die Webb Ellis-trofee saam met die Bokspan omhoog gehou het, het ’n kontrak van twee jaar met die Vrystaters onderteken.

Steyn het in 2005 aan Grey Kollege gematrikuleer, maar het direk ná skool sy tasse vir Durban gepak waar hy met groot welslae vir die Haaie uitgedraf het.

Hy het ook vir Racing Metro en Montpellier in Frankryk gespeel, terwyl hy ʼn draai in Japan gemaak het toe hy vir Toshiba Brave Lupus uitgedraf het.

Sokker:

  • In Engeland het Arsenal 30 000 etes en higiëniese produkte aan minderbevoorregtes geskenk. Die Londense klub het ook £150 000 geskenk om Covid-19 te help beveg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.