Vandag se sportnuus

Elton Jantjies. (Foto: GB Jordaan).

Rugby:

  • Die Superrugby-beheerliggaam, Sanzaar, het gister hul beste Suid-Afrikaanse Superrugbyspan van die afgelope dekade gekies.

Hoewel die Bulls die laaste Suid-Afrikaanse span was om die trofee in 2010 omhoog te hou, het die Lions in drie agtereenvolgende eindstryde gespeel en hulle word goed in die span verteenwoordig.

Die Johannesburgers se losskakel, Elton Jantjies, is as die beste Suid-Afrikaanse speler van die afgelope 10 jaar aangewys.

“As losskakel sorg Jantjies se CV vir indrukwekkende leesstof: Hy het die tweede meeste punte (1 145) in dié tydperk aangeteken, terwyl hy ook die derde grootste aandeel in drieë (59) gehad het. Dan het hy die meeste veldgebied (2 902 meter) van enige Suid-Afrikaanse losskakel gewen. Hy is die speler van die dekade,” het Sanzaar geskryf.

Die Lions het uiteindelik ses spelers in die beginspan, met die Stormers wat vir sewe spelers gesorg het – as jy vir Louis Schreuder en Pieter-Steph du Toit (wat vir ander spanne ook gespeel het) bytel. Jesse Kriel is die enigste Pretorianer in die groep.

Die span: Andries Coetzee (heelagter; Lions), Courtnall Skosan (regtervleuel; Lions), Jesse Kriel (buitesenter; Bulls), Damian de Allende (binnesenter; Stormers), Dillyn Leyds (linkervleuel; Stormers), Elton Jantjies (losskakel; Lions), Louis Schreuder (skrumskakel; Stormers, Kings, Sharks), Warren Whiteley (agtsteman; Lions), Jean-Luc du Plessis (flank; Sharks), Siya Kolisi (flank; Stormers), Pieter-Steph du Toit (slot; Sharks, Stormers), Franco Mostert (slot; Lions), Frans Malherbe (stut; Stormers), Malcolm Marx (haker; Lions) en Steven Kitshoff (stut; Stormers).

Krieket:

  • Engeland se Curran-broers, Tom en Sam, wil saam toetskrieket vir hul land speel. Die 25-jarige Tom het egter ook ’n Suid-Afrikaanse verbintenis.

Curran is in Kaapstad gebore en het by die vooraanstaande Hilton College skoolgegaan. In 2012 is hy deur die voormalige kaptein van Surrey, Ian Greig, tydens ’n skoolwedstryd raakgesien en is terstond genooi om vir dié graafskap se tweede span te speel en om sy skoolloopbaan by Wellington School te voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Michael 1

Dit is heel duidelik watter span die keurders wat die span gekies het ondersteun.