Vandag se sportnuus

Bakkeis Botha. (Foto: YouTube)

Rugby:

  • In hul onderskeie rubrieke in The Times en Wales Online het Stuart Barnes en Graham Price vir Bakkies Botha en Eben Etzebeth as van die taaiste rugbyspelers ooit gekies.

Volgens Price was Botha ’n klipharde speler in ’n hedendaagse era waar televisie-kameras dit maar moeilik maak om jou taaiwees-stempel af te druk.

Hy skryf verder dat Etzebeth baie by Botha geleer het en dat hy ook vir niemand terugstaan nie.

Tog het Barnes nie ’n plek vir Botha in sy groep gehad nie; hy het wel vir Jonny Wilkinson as die derde gehardste speler op sy lysie.

Barnes se gehardste rugbyspelers: 1. Gareth Chilcott (Engeland), 2. Gerard Cholley (Frankryk), 3. Jonny Wilkinson (Engeland), 4. Graham Price (Wallis), 5. Eben Etzebeth (Suid-Afrika), 6. Wayne Shelford (Nieu-Seeland), 7. David Pocock (Australië), 8. Richie McCaw (Nieu-Seeland), 9. Scott Gibbs (Wallis), 10. Jim Telfer (Skotland).

Price se gehardste rugbyspelers: 1. Gerard Cholley (Frankryk), 2. Michel Palmie (Frankryk), 3. Alain Esteve (Frankryk), 4. Colin Meads (Nieu-Seeland), 5. Frank Oliver (Nieu-Seeland), 6. Frank Cotton (Engeland), 7. Wayne Shelford (Nieu-Seeland), 8. Jerry Collins (Nieu-Seeland), 9. Bakkies Botha (Suid-Afrika), 10. Eben Etzebeth (Suid-Afrika).

Formule Een:

  • Die Belgiese Grand Prix kan ook moontlik in die slag bly ná die Belgiese regering die verbod op massabyeenkomste tot die einde van Augustus verleng het.

Dié wedren is vir 30 Augustus geskeduleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael 1 ·

Ek dink daar is n verskil tussen harde spelers en vuil spelers ,Victor Matfield en Kobus Wiese was harde spelers ,Botha en Etsebeth is vuil spelers wat die span baie punte kos oor hulle doen en dan dink.

Louwrens ·

Stem saam. Die wat hulle as harde spelers uitwys is daar om hul mede spelers wettiglik aan te rand en onder die dekmantel van sport te weg te kom daarmee. Dit is hoekom ek glad nie meer enige rugby kyk nie.

koos10 ·

Kobus Wiese, James Small, James Dalton, Uli Schmidt is net 4 name wat in my gedagtes opkom.
Jonny Wilkinson? Dan kan ons maar vir Naas Botha ook op hierdie lys sit.
Ek wens die twee skrywers wil hulle opinie maar vir hulle self hou, want hoe meet hulle dit?

Louis ·

Ek kan tien spelers noem wat in die lys moes wees en nie eens genoem word nie: Serge Betsen, Sébastien Chabal, Martin Castrogiovanni, Agustín Creevy, Andre Venter, Schalk Burger, Johah Lomo, Josh Kronfeld en enige een van die huidige Georgie voorpak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.