Vandag se sportnuus

Een van CrossFit se heel bestes, Rich Froning. Foto: Twitter.

CrossFit:

  • Met die Covid-19-pandemie wat sorg dat sportgeleenthede regoor die wêreld in die slag bly, gaan die CrossFit Spele tans nog voort.

Dit gaan egter noodgedwonge ’n splinternuwe baadjie moet aantrek.

“Ons beywer ons steeds ten volle om ’n regstreekse geleentheid met mediadekking aan te bied,” het die organiseerders in ’n verklaring gesê.

Die plan is om die Spele na Aromas in Kalifornië – waar dit aanvanklik aangebied is – te skuif. Daar sal ook geen toeskouers toegelaat word nie.

“In dieselfde asem word daar ook na ’n virtuele kompetisie gekyk en ons sal voortdurend die situasie monitor en ons ondersteuners en atlete op die hoogte hou.”

Ondersteuners wat reeds kaartjies vir die aanvanklike Spele gekoop het, sal hul geld terugkry. Die Spele sou van 29 Julie tot 2 Augustus in Madison in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin plaasvind.

 

Tennis:

  • Volgens die organiseerders van die Amerikaanse Ope is dit hoogs onwaarskynlik dat dié spogtoernooi agter geslote deure sal plaasvind.

Die toernooi wat op 31 Augustus sou begin, is van die gewildste toernooie onder tennisondersteuners.

’n Finale besluit oor die toekoms van vanjaar se toernooi sal in Junie gemaak word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.