Vandag se sportnuus

Gholf

Die Spelerskampioenskap het gister op TPC Sawgrass in Florida begin. Ná die eerste ronde lyk die voorlopersbord só:

In die Europese Gholfreeks word die Portugese Ope gespeel. Die eerste ronde is vroeg gestaak ná weerlig.

 

Superrugby

Sewesrugby

Die tweede laaste toernooi van die Wêreldreeks word môre en Sondag in Parys gespeel. Die Blitsbokke se bepalings op dag een lyk só:

Motorwedrenne

Die Spaanse Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Valtteri Bottas gaan poog om sy eerste oorwinning in Rusland op te volg met nóg een in Spanje.

Tennis

By die Madrid Ope het Kei Nishikori met David Ferrer afgereken. Die telling was 6-4 en 6-3. Die skok van die dag was toe Andy Murray pak gekry het. Die 20-jarige Borna Coric het hom met 6-3 en 6-3 uitgeskakel. Eugenie Bouchard is deur Svetlana Kuznetsova geklop.

Fietsry

Die Toer van Italië se sesde skof is gister afgehandel.

Algeheel

Toetskrieket

Ná dag twee van die derde toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Pakistan staan die Windies op 14/0 (11 bb). Dis in antwoord op Pakistan se 376 lopies in sy eerste beurt.

IPL-krieket

Gister is daar een wedstryd gespeel.

Kings XI Punjab 230/3 (20/20 bb)

Mumbai Indians 223/6 (20/20 bb)

Kings XI Punjab wen met 7 lopies.

Bepalings

Vrouekrieket

Suid-Afrika het gister in die derde wedstryd van die vierhoekige Eendagreeks op Potchefstroom teen Ierland gespeel. Die Proteas het gemaklik met 178 lopies geseëvier.

Hokkie

Die tweede ronde van die Varsityhokkie-reeks word die naweek by die Pukke aangebied. Maties is die enigste onoorwonne span ná die eerste ronde wat verlede naweek op Stellenbosch aangebied is.

Sokker

In die Eufa Europese liga is die halfeindstryde afgehandel.

Olympique Lyonnais                      3 – 1    Ajax (eindstryd)

Manchester United (eindstryd)     1 – 1    Celta de Vigo

In die Engelse Premierliga word daar vanaand twee wedstryde gespeel.

In Suid-Afrika se Premierliga speel Highlands Park vanaand teen Chippa United.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.