Vandag se sportnuus

Jacques Kallis

Krieket:

  • Engeland se Moeen Ali meen Jacques Kallis is ’n beter veelsydige speler as sy eie landgenoot, Ben Stokes.

Ná 63 toetse is Stokes se kolfgemiddeld 36,5, terwyl hy ’n gemiddeld van 32,7 met die bal handhaaf. Daarteenoor het die Proteas se Kallis sy loopbaan van 166 toetse met ’n kolfgemiddeld van 55,4 en ’n boulgemiddeld van 32,6 afgesluit.

“Ek sou sê Kallis is die beter speler omdat hy soveel meer lopies, paaltjies en vangskote geneem het. Maar as Stokes dieselfde spelpeil vir die res van sy loopbaan handhaaf, sal hy ongetwyfeld een van die beste spelers ooit wees,” het Ali gesê.

Op sy beurt het die voormalige Engelse krieketkaptein Nasser Hussain gesê dat Stokes selfs ’n beter speler as sir Ian Botham sal word.

  • Die statistiekghoeroes van die gesaghebbende krieketwebtuiste Cricinfo, het bevind dat Suid-Afrika se Dale Steyn die T20-bouler was wie se paaltjies die grootste impak op wedstryde die afgelope jaar gehad het.

Die 36-jarige Phalaborwa Sneltrein het weliswaar net 26 paaltjies in die onderskeie T20-ligas geneem, maar hy het van kolwers soos Chris Gayle, Alex Hales en Suresh Raina ontslae geraak. Meer as 70% van sy paaltjies is in die kragspel- of doodsnikboulbeurte van die wedstryd geneem.

In die Mzansi-superliga het hy ook die gevaarlike AB de Villiers uitgeknikker om met ’n boulontleding van 3/10 te spog.

Atletiek:

  • Die gewilde Berlynse marathon in September het ook in die slag gebly nadat die Duitse regering alle massabyeenkomste tot 24 Oktober weens die Covid-19-pandemie verbied het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.