Vandag se sportnuus

’n Skermgreep van Yulia Efimova se oefenvideo in haar kombuis.

Swem

  • Jy kry maagspiere wat goed lyk en dan kry jy maagspiere wat werklik sterk is. En mens kry die gevoel dat Rusland se Yulia Efimova sommer ’n regmerkie langs albei boksies kry.

Die Olimpiese swemmer het ’n video van haarself op sosiale media gelaai waar sy swem in haar kombuis oefen.

Doodluiters – met haar bene wat op ’n kas gebalanseer word en haar bolyf wat tussen die vloer en die dak rondsweef – trek sy met ’n paar borsslag-, rugslag- en vryslagoefeninge weg.

Haar video is al ’n paar miljoen keer op sosiale media gekyk en hoewel mens later sien hoe iemand haar voete vashou, moet dit steeds ’n deksels moeilike oefensessie wees.

Tog is sy ietwat van ’n omstrede figuur in internasionale swemkringe. Sy is ’n paar jaar gelede vir 16 maande uit die sport geskors omdat sy verbode middels gebruik het.

Krieket

  • Noordelikes Krieketunie het hul mans- en vrouegroepe vir die 2020-’21-seisoen gekies.

Vrouegroep: Lebogang Choeu, Ricea Coetzer, Rode de Nysschen, Mignon du Preez, Gandhi Jafta, Michaela Kirk, Monalisa Legodi, Sune Luus, Nomahlubi Makgato, Eliz-Mari Marx, Paulinah Mashishi, Kgalalelo Matsepe, Maria Msiza, Lebogang Nkadimeng, Danelle Oberholtzer, Khanyisile Skhosana, Charmoné Breedt en Prior Katie.

Mans (gekontrakteer): Victor Mahlangu, Kyle Simmonds, Gionne Koopman, Merick Brett, Rivaldo Moonsamy, Luvuyo Nkese, Jiveshan Pillay, Gideon Peters, Tumelo Koto, Evan Jones en Achille Cloete.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.