Vandag se sportnuus

Percy Montgomery. Foto: Twitter.

Rugby:

  • Die veteraan-heelagter van die Springbokke wat saam met Jake White se groep die Webb Ellis-trofee in 2007 omhoog gehou het, Percy Montgomery, is deur Wales Online as een van Wallis se beste invoerprodukte aangewys.

Montgomery het ’n paar jaar vir Newport Gwent Dragons gespeel en meer as 250 punte vir die span aangeteken.

Die speler wat deur Wales Online as van die beste aanwinste vir Walliese rugby aangewys is:

  1. Xavier Rush (Nieu-Seeland)
  2. Filo Tiatia (Nieu-Seeland)
  3. Regan King (Nieu-Seeland)
  4. Taufa’ao Filise (Tonga)
  5. Tommy Bowe (Ierland)
  6. Dan Evans (Wallis)
  7. Tadhg Beirne (Ierland)
  8. Marty Holah (Nieu-Seeland)
  9. John Barclay (Skotland)
  10. Percy Montgomery (Suid-Afrika)

Krieket:

  • In ’n onderhoud het die Engelse krieketkaptein, Joe Root, verklap dat sy teenstanders hom gereeld terg omdat hy glo soos die Amerikaanse komediant Ellen DeGeneres lyk.

“Ek is al ’n hele paar keer ‘Ellen DeGeneres’ in my loopbaan genoem, dus dink ek daar moet seker ’n paar ooreenkomste wees,” het Root gesê.

Weens die Covid-19-pandemie sal krieketverrigtinge in Engeland eers in Julie (op die heel vroegste) hervat word.

  • Die Pakistanse kolwer, Umar Akmal, is vir drie jaar uit krieket geskors omdat hy versuim het om plaaslike krieketowerhede in te lig dat hy deur twee mense genader is om die koers van ’n wedstryd te beïnvloed.

Die 29-jarige Akmal het in 16 toetse en 121 eendagwedstryde vir Pakistan gespeel.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.