Vandag se sportnuus

Suid-Afrika se Pieter-Steph du Toit. (Foto: AP Photo/Shuji Kajiyama)

Rugby:

  • Ná gister se mediaberigte dat die Franse rugbyreus Montpellier na die Stormers se Pieter-Steph du Toit vry, het die klub hom tot sosiale media gewend om die gerugte ten sterkste te ontken.

Die Franse klub het na bewering vir Du Toit ’n kontrak van R75 miljoen oor drie jaar aangebied; ’n ooreenkoms wat van die 27-jarige Springbok die hoogsbetaalde rugbyspeler ter wêreld sou maak.

“Montpellier Hérault ontken ten sterkste dat ’n kontraktuele aanbod aan Pieter-Steph du Toit gemaak is. Die klub het hoegenaamd nie met hierdie speler onderhandel nie,” het die klub op sy amptelike Twitter-rekening geskryf.

“Die klub se hoofprioriteit is om na die speelveld terug te keer in ooreenstemming met die regering se maatreëls.”

Maar soos wat talle kenners al geskryf het: Waar daar ’n rokie trek, is daar normaalweg ’n vuurtjie.

In ’n onderhoud met SA Rugby Magazine het John Dobson, Stormers-afrigter, gesê dat hulle bewus is van die gerugte.

“Ek is wel onbewus van enige formele aanbod, maar dit is frustrerend dat ons nie tans in ’n posisie is om met ons eie spelers te onderhandel nie.”

Du Toit se Springbok-spanmaat, Handré Pollard, is reeds in Montpellier-kleure in aksie en is tans die hoogsbetaalde rugbyspeler ter wêreld.

Krieket:

  • Die voormalige Protea-aanvangskolwer Herschelle Gibbs het sy beste Protea-span gekies. Die span bestaan uit spelers saam met wie hy in sy loopbaan gespeel het.

Sy span spog met ’n gevaarlike snelbouler-kwartet en spelers soos Shaun Pollock, Allan Donald, Dale Steyn en Brett Schultz wat die boulaanval kan lei.

Gibbs se beste Protea-elftal:

Graeme Smith, Gary Kirsten, Hashim Amla, Jacques Kallis, Darryll Cullinan, AB de Villiers, Mark Boucher, Shaun Pollock, Dale Steyn, Allan Donald en Brett Schultz.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie ·

Wow wat n span. Sal daarvan hou om beeldmateriaal van al die bekende spelers weer te kan sien!!

Dubbelloop ·

Wat ń span, nè. As ek vir Gibbs moet insluit sal hy in die plek van Cullinan wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.