Vandag se sportnuus

Tony Ferguson teen Justin Gaethje. Foto: Twitter.

Ultimate Fighting Championship:

  • Sportliefhebbers kan hul vere regskud vir regstreekse UFC-aksie wanneer die hokvegters mekaar die naweek pak.

Daar was sprake dat Dana White – UFC-grootbaas – ’n private eiland sou aanskaf vir die gevegte, maar UFC249 sal in Florida (VSA) plaasvind.

Die aksie sal Sondagoggend vanaf 04:00 op SuperSport uitgesaai word.

Die omstrede Khabib Nurmagomedov sou aanvanklik in die hoofgeveg teen Tony Ferguson te siene gewees het, maar die Rus het intussen onttrek. Sy plek word deur Justin Gaethje ingeneem.

Die 36-jarige Ferguson is onoorwonne ná 12 gevegte, terwyl Gaethje ewe talentvol is. In sy ses UFC-gevegte het hy vier keer met die Geveg van die Aand-toekenning weggestap.

Krieket:

  • Wisden se krieketspeler van die jaar, Engeland se Ben Stokes, het ’n halfmarathon in een uur en 39 minute voltooi om geld vir Brittanje se National Health Service in te samel.

Ben Stokes. Foto: (Mike Egerton/PA via AP)

Die veglustige Stokes het vroeër gesê dat wedstryde agter geslote deur nie ’n invloed op die kompetisiefaktor tussen spanne sal hê nie.

“Die drie leeus van Engeland is steeds op ons bors en daar is ’n wedstryd wat ons wil wen; maak nie saak of ons voor duisende toeskouers of agter geslote deure speel nie. As spelers sal ons enigiets binne ons vermoë doen om weer vir sportaksie op die televisie te sorg; selfs al beteken dit dat daar geen toeskouers by ’n stadion toegelaat word nie,” het Stokes gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.