Vandag se sportnuus

Die Chiefs sal een van die spanne in Nieu-Seelande se hersiende weergawe van die Superreeks wees. Foto: Twitter.

Rugby:

  • Daar is lig aan die einde van die Covid-19-tonnel vir rugbyliefhebbers in Nieu-Seeland.

New Zealand Rugby (NZR) het bevestig dat ’n plaaslike weergawe van die Superrugby-reeks op 13 Junie sal begin. Dit volg ná die regering se aankondiging dat rugby en netbal tydens vlak 2 van die land se afsonderingsregulasies hervat mag word.

Volgens die hersiende weergawe van die Superrugby-reeks sal die Chiefs, Highlanders, Blues, Hurricanes en Crusaders in aksie wees. Die toernooi sal oor tien weke plaasvind met wedstryde wat op Saterdae en Sondae gespeel word.

Die wedstryde sal egter agter geslote deure gespeel word totdat die Nieu-Seelandse regering beslis dat toeskouers weer toegelaat mag word.

“Die vooruitsig van vyf Kiwi-spanne van wêreldgehalte wat sake oor tien weke uitspook, sal ’n glimlag op baie mense se gesigte plaas. Ek weet die spelers is baie opgewonde oor die aankondiging,” het die uitvoerende hoof van NZR, Mark Robinson, gesê.

Bepalings vir Junie:

13 Junie: Highlanders teen Chiefs

14 Junie: Blues teen Hurricanes

20 Junie: Chiefs teen Blues

21 Junie: Hurricanes teen Crusaders

27 Junie: Blues teen Highlanders

28 Junie: Crusaders teen Chiefs

Sokker:

  • Intussen is vyf spelers in die Spaanse La Liga-reeks positief vir Covid-19 getoets.

Verskeie topklubs, waaronder Barcelona, het op ’n individuele grondslag weer terug na die oefenveld gekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.