Vandag se sportnuus

Faf de Klerk. Foto: ANA.

Rugby:

  • Faf de Klerk, Herschel Jantjies, Cobus Reinach, Embrose Papier en Sanele Nohamba; skielik is daar ’n magdom skrumskakel-opsies waaruit Bok-afrigter Jacques Nienaber kan kies.

En hoewel De Klerk die ster in verlede jaar se Wêreldbeker-uitspeelwedstryde was, weet hy dat hy nie kan bekostig om op sy louere te rus nie.

“Jy kan nie net verwag om jou plek in die span te behou net omdat jy in die Wêreldbeker-eindstryd gespeel het nie. Daar is ’n nuwe energie rondom die nommernege-trui en daar is lekker kompetisie; almal wil bitter graag vir die Bokke speel,” het De Klerk aan SA Rugby Magazine gesê.

“Daar is druk op jou om as speler te presteer; as jy dit nie doen nie, is daar ’n ander speler wat maklik jou plek kan inneem. Die kompetisie sorg dat ek my beste gee, want daar is iemand wat jou druk.”

  • Dan het Nehe Milner-Skudder se Toulon-spanmaat, Julian Savea, ook na Nieu-Seeland teruggekeer.

Savea se besluit kom nadat Franse beamptes bevestig dat die res van die 2019-’20-rugbyseisoen afgelas is.

Krieket:

  • Krieket Suid-Afrika (KSA) en Krieket Wes-Indië (KWI) het ooreengekom om die vroue-eendagreeks tussen die twee lande af te las.

Die toer sou teen die einde van die maand plaasgevind het.

“Dit is frustrerend, maar daar is belangriker dinge op die spel. Die welstand van ons spelers en spanlede is ons hoofprioriteit,” het die tydelike uitvoerende hoof van KSA, dr. Jacques Faul, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.