Vandag se sportnuus

Devon Conway. Foto: Twitter.

Krieket:

  • Die Johannesburgse kolwer Devon Conway is op pad om sy Nieu-Seelandse krieketdroom ’n werklikheid te maak.

Die 28-jarige, wat in 2017 geëmigreer het, het ’n nasionale kontrak met die Swart Pette losgeslaan. Sy insluiting beteken dat daar geen plek vir Jeet Raval of Colin Munro is nie.

In 103 eersterangse wedstryde het die linkshandige kolwer 6 674 lopies teen ’n gemiddeld van 47,00 geslaan. Hy spog met ’n indrukwekkende hoogste telling van 327.

“Devon se spelpeil in al drie formate van die spel oor die afgelope twee seisoene is onmoontlik om te ignoreer en hy verdien beslis sy kontrak,” het Nieu-Seeland se keurderbaas Gavin Larsen gesê.

Neil Wagner is die ander Suid-Afrikaner in die Nieu-Seelandse groep.

Spelers met nasionale kontrakte: Tom Blundell, Trent Boult, Devon Conway, Colin de Grandhomme, Lockie Ferguson, Martin Guptill, Matt Henry, Kyle Jamieson, Tom Latham, Henry Nicholls, James Neesham, Ajaz Patel, Mitchell Santner, Ish Sodhi, Tim Southee, Ross Taylor, Neil Wagner, BJ Watling, Kane Williamson en Will Young.

Formule Een:

  • Die 25-jarige Carlos Sainz sal Charles Leclerc se nuwe Ferrari-spanmaat aan die einde van die seisoen wees.

“Dit is ’n baie spesiale dag vir my en dit is ’n droom wat waar geword het,” het die Spaanse renjaer in ’n video op sosiale media gesê.

Daniel Ricciardo sal Sainz by McLaren vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.