Vandag se sportnuus

Pieter-Steph du Toit. Foto: Stormers se Twitterrekening.

Rugby:

  • Ná ’n hele paar dae van wik en weeg, is daar uiteindelik uitsluitsel oor Pieter-Steph du Toit se rugbytoekoms: Hy bly by die Stormers.

Die 27-jarige – wat verlede jaar as Wêreldrugby se speler van die jaar aangewys is – het ’n aanbod van die Franse reus Montpellier gekry.

Die Springbokflank sou na bewering R75 miljoen verdien het as hy ’n kontrak van drie jaar met die Fransmanne onderteken het. Dit sou van hom die hoogs betaalde rugbyspeler ter wêreld gemaak het.

Maar ná ’n tikkie drama het Du Toit besluit om in Suid-Afrika te bly. Die Stormers-afrigter, John Dobson, het in die media gesê dat Du Toit hoogstens tot die einde van volgende jaar se Britse en Ierse Leeus-toer in die Kaap sal aanbly.

Hy het bygevoeg dat die sterspeler se salaris nie verhoog is nie en dat dit ook met 40% – in ooreenstemming met SA Rugby se finansiële reddingsplan – verminder sal word.

Gholf:

  • Tiger Woods, Phil Mickelson, Tom Brady en Peyton Manning se liefdadigheidskragmeting sal Sondag vanaf 21:00 op DStv se kanaal 401 uitgesaai word.

Verlede week het die wêreld se voorste speler, Rory McIlroy, en vriende meer as $5 miljoen vir die stryd teen Covid-19 ingesamel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Scalla ·

As Kolosi dit kry is Pieter-Steph ook seker geregtig daarop.

Die Wolf ·

Dt was n goeie skuif om aan te bly tot volgende seisoen. Sal Frankryk toe gaan wanneer die elende van covid verby is. R75 Miljoen is nie te vermaai nie.

MakersMark ·

Fantasties dat hy in SA bly jammer dat dit by die WP is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.