Vandag se sportnuus

Sewesrugby

Op die jongste punteleer van die Wêreldreeks is die Blitsbokke ’n allemintige 34 punte voor Engeland.

Superrugby

Kom ons loer na die Suid-Afrikaanse groepe se punte:

 

Springbokrugby

Vier Southern Kings-spelers, Chris Cloete, Andisa Ntsila, Lionel Cronje en Makazole Mapimpi, is ingesluit in ’n groter groep spelers wat aan die 3de Springbok-oefenkamp gaan deelneem. Die kamp word van 21 tot 23 Mei in Johannesburg gehou.

Gholf

Ná die Spelerskampioenskap lyk die wêreldranglys só:

Onder die vroue is Lydia Ko steeds die voorste speler. Suid-Afrika se Lee-Anne Pace is 66ste.

Motorwedrenne

Die Spaanse Formule Een Grand Prix is die naweek afgehandel en op die punteleer is Sebastian Vettel ’n kortkop voor Lewis Hamilton.

Tennis

Ná die Madrid Ope het Rafael Nadal opgeskuif op die wêreldranglys.

Fietsry

Die Toer van Italië se 10de skof word vandag beslis. Gister was ’n rusdag.

Algeheel:

  1. Nairo Quintana (Colombia / Movistar) 42:06:09″
  2. Thibaut Pinot (Frankryk / FDJ) +28″
  3. Tom Dumoulin (Nederland / Sunweb) +30″

IPL-Krieket

Die finale telbord voor die uitspeelwedstryde lyk só:

Bepalings:

Vandag:

16       Mumbai Indians v Rising Pune Supergiant                  16:30

Môre

17       Sunrisers Hyderabad v Kolkata Knight Riders              16:30

Vrouekrieket

Suid-Afrika het gister vir Zimbabwe in die vierhoekige eendagreeks op Potchefstroom met 7 paaltjies geklop.

Hokkie

Maties het die Pukke in die Varsityreeks met 3-2 geklop om na die eindstryd deur te dring. Tuks is ook deur na die eindstryd ná hul 3-2-sege oor Wits.

Kovsies het 5de geëindig by die toernooi met ’n oorwinning van 4-2 oor UJ.

Sokker

In die Engelse Premierliga is Chelsea reeds as kampioene gekroon en gisteraand het hulle verder fees gevier met ’n oorwinning van 4-3 oor Watford.

In Suid-Afrika se Premierliga staan sake só:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.