Vandag se sportnuus

Rafael Nadal (Foto: Roland Garros, Twitter)

Tennis:

  • Die wêreld se tweede beste speler, Rafael Nadal, is weer terug op die oefenbaan.

Die Spaanse ster het in ’n video gesê dat hy dankbaar is om weer te mag oefen.

“Ek is uiteindelik weer terug op die baan en ek is super bly dat die kinders ook weer by die Rafael Nadal-akademie kan oefen. Hulle is gelukkig en dit is die belangrikste vir my,” het Nadal gesê.

Onder normale omstandighede sou hy nou besig gewees het om sy 13de Franse Ope-titel op Roland-Garros in Parys te jaag, maar in die Covid-19-era was hy vir lank op die kantlyn.

  • In ’n verklaring het die organiseerders van die Franse Ope gesê dat hulle kyk om die toernooi op 20 September tot 4 Oktober vanjaar aan te bied.

Daar kan selfs toeskouers toegelaat word, mits alles volgens plan verloop.

“Tans dink ons nie werklik daaraan om die toernooi agter geslote deure aan te bied nie. Ons kyk wel na die moontlikheid om 25 000 toeskouers in te laat, in plaas van 40 000,” het Hughes Cavallin van die Franse tennisbeheerliggaam gesê.

“As die regering voortgaan met hul munisipale verkiesings in Junie, kan ek nie sien waarom ons nie toeskouers kan toelaat nie.”

Volgens mediaberigte het die Ope verlede jaar vir meer as €260 miljoen gesorg en dit kan ’n broodnodige finansiële inspuiting in hierdie onsekere tye wees.

“Die Roland-Garros is tot die voordeel van die hele Parys. Die plaaslike hotelbedryf, restaurante en winkels maak miljoene danksy die toernooi. Dit is in tye soos hierdie waar ons werklik moet saamstaan.”

Krieket:

  • Intussen lyk dit asof die T20-Wêreldbeker ’n “te groot gesondheidsrisiko” sal wees om Oktober in Australië aan te bied.

Die Internasionale Krieketraad vergader vandag om alternatiewe scenario’s te oorweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.