Vandag se sportnuus

Jacques Kallis. Argieffoto.

Krieket:

  • Vroeër vanjaar was veral in die Britse media bespiegel oor wie die beste veelsydige speler is: Engeland se Ben Stokes of Suid-Afrika se Jacques Kallis.

Hoewel iemand soos Nasser Hussain meen dat Stokes eendag beter as die legendariese sir Ian Botham sal wees, het Moeen Ali – wat saam met Stokes speel – gesê dat Kallis die beter speler is. En as ʼn mens na die Suid-Afrikaner se statistiek kyk, kan jy verstaan waarom Ali so voel.

Kallis is die enigste Protea wie se naam onder die voorste lopiemakers én paaltjievrate vir Suid-Afrika pryk.

Lopiemakers:

  1. Jacques Kallis: 13 206 lopies teen ’n gemiddeld van 55,25 in 166 wedstryde.
  2. Hashim Amla: 9 282 lopies teen ’n gemiddeld van 46,64 in 124 wedstryde.
  3. Graeme Smith: 9 253 lopies teen ’n gemiddeld van 48,70 in 116 wedstryde.
  4. AB de Villiers: 8 765 lopies teen ’n gemiddeld van 50,66 in 114 wedstryde.
  5. Gary Kirsten: 7 289 lopies teen ’n gemiddeld van 45,27 in 101 wedstryde.
  6. Herschelle Gibbs: 6 167 lopies teen ’n gemiddeld van 41,95 in 90 wedstryde.
  7. Mark Boucher: 5 498 lopies teen ’n gemiddeld van 30,54 in 146 wedstryde.
  8. Darryl Cullinan: 4 554 lopies teen ’n gemiddeld van 44,21 in 70 wedstryde.
  9. Faf du Plessis: 3 901 lopies teen ’n gemiddeld van 39,80 in 65 wedstryde.
  10. Dean Elgar: 3 888 lopies teen ’n gemiddeld van 38,49 in 63 wedstryde.

Meeste paaltjies:

  1. Dale Steyn: 439 paaltjies teen ’n gemiddeld van 22,95 in 93 wedstryde.
  2. Shaun Pollock: 421 paaltjies teen ’n gemiddeld van 23,11 in 108 wedstryde.
  3. Makhaya Ntini: 390 paaltjies teen ’n gemiddeld van 28,82 in 101 wedstryde.
  4. Allan Donald: 330 paaltjies teen ’n gemiddeld van 22,25 in 72 wedstryde.
  5. Morné Morkel: 309 paaltjies teen ’n gemiddeld van 27,66 in 86 wedstryde.
  6. Jacques Kallis: 291 paaltjies teen ’n gemiddeld van 32,63 in 166 wedstryde.
  7. Vernon Philander: 224 paaltjies teen ’n gemiddeld van 22,32 in 64 wedstryde.
  8. Kagiso Rabada: 197 paaltjies teen ’n gemiddeld van 22,95 in 43 wedstryde.
  9. Hugh Tayfield: 170 paaltjies teen ’n gemiddeld van 25,91 in 37 wedstryde.
  10. Paul Adams: 134 paaltjies teen ’n gemiddeld van 32,87 in 45 wedstryde.

Rugby:

  • In sy speeldae in Frankryk en Japan het Dan Carter onderskeidelik R28,7 miljoen en R21,8 miljoen per jaar verdien.

Die 38-jarige het egter vroeër die week by die Blues aangesluit waar hy ’n mentorskaprol vir die Aucklandse span sal vertolk.

Volgens berigte sal hy R196 708 in die komende Aotearoa-reeks verdien. Die reeks strek oor tien weke en begin amptelik volgende week.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alexander ·

Kallis was myns insiens die beste veelsydige speler van alle tye

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.