Vandag se sportnuus

Tennis

Roger Federer het bekend gemaak dat hy nie vanjaar op klei in aksie sal wees nie. Hy het hom daarom onttrek aan die Franse Ope. Die rede vir die besluit is dat Federer sy loopbaan wil verleng en homself nie wil uitbrand nie.

By die Italiaanse Ope is Suid-Afrika se Kevin Anderson in die eerste ronde uitgeskakel. Spelers wat hul wedstryde gister gewen het, sluit in Novak Djokovic, Thomas Berdych, Johanna Konta en Fabio Fognini. Laasgenoemde het vir ʼn groot skok gesorg deur die eerste gekeurde Andy Murray in twee stelle uit te skakel.

Sewesrugby

Die jong 19-jarige Marco Labuschagne het hom by die Blitsbokke in Londen aagesluit vir die naweek se Londentoernooi. Hy neem die plek van Tim Agaba in wat ʼn kniebesering in Parys opgedoen het. Labuschagne was verlede jaar in matriek by Voortrekker Hoërskool op Bethlehem.

Superrugby

Kom ons loer na die bepalings vir die komende naweek:

 

Gholf

In die Amerikaanse reeks is die fokus vandeesweek op die AT&T Byron Nelson Classic in Texas. In Europa slaan die spelers af in die Rocco Forte Ope in Italië.

Motorwedrenne

Moto GP se aksie is vandeesweek in Frankryk. Die renjaers sal op Le Mans sake uitspook in die Franse Moto GP.

Fietsry

Die Toer van Italië se 10de skof is gister gejaag. Dit was ʼn tydtoets oor 38 km wat oorheers is deur Tom Dumoulin.

Skof:

  1. Tom Dumoulin (Nederland / Sunweb) 50:37″
  2. Geraint Thomas (Brittanje / Team Sky) +49″
  3. Bob Jungels (Luxemburg / Quick-Step) +56″

Algeheel:

  1. Tom Dumoulin (Nederland / Sunweb) 42:57:16″
  2. Nairo Quintana (Colombia / Movistar) +2:23″
  3. Bauke Mollema (Nederland / Trek) +2:38″

Krieket

Die Proteas het na Engeland vertrek waar hulle teen Engeland kragte gaan meet. Hulle sal egter ook in aksie wees in die kampioenetrofee wat die topspanne in die wêreld insluit.

IPL-krieket

Een wedstryd is gister afgehandel.

Rising Pune Supergiant     162/4 (20/20 bb)

Mumbai Indians                   142/9 (20/20 bb)

Rising Pune Supergiant wen met 20 lopies en bespreek daarmee hul plek in die eindstryd.

Bepalings:

Vandag:

17       Sunrisers Hyderabad v Kolkata Knight Riders              16:30

Vrouekrieket

Suid-Afrika speel vandag teen Indië in die vierhoekige Eendagreeks op Potchefstroom.

Hokkie

Maties en Tuks sal in ʼn Noord-Suid-derby sake uitspook om te bepaal wie vanjaar se Varsityreeks gaan wen. Die eindstryd word Maandag gespeel.

Sokker

In die Engelse Premierliga is twee wedstryde gisteraand afgehandel:

Manchester City       3 – 1    West Bromwich Albion

Arsenal                      2 – 0    Sunderland

In Suid-Afrika se Premierliga word daar vanaand ʼn hele rits wedstryde gespeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jorrie jordaan ·

Dankie vi di uitgebreide sport nuus vandag Maroela Media!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.