Vandag se sportnuus

CrossFit het een van die gewildste fiksheidsgiere ter wêreld geword. Foto: Twitter.

CrossFit:

  • Greg Glassman, die man om wie se kop daar ’n storm op sosiale media losgebars het, het bedank as CrossFit se uitvoerende hoof.

Sedert Glassman 20 jare gelede die Crossfit-handelsmerk gestig het, het dit een van die grootste sportsoorte geword met duisende geaffilieerde gimnasiums regoor die wêreld.

Sy reaksie op die Institute for Health Metrics and Evaluation het egter grootskaalse kritiek ontlok en verskeie ster-atlete het hul ontevredenheid daaroor uitgespreek, terwyl Reebok aangedui het dat hy nie sy kontrak met die sport sal hernieu nie.

“Ek bedank as die uitvoerende hoof van CrossFit en ek het besluit of af te tree. Ek het Saterdag ’n skeur in die CrossFit-gemeenskap veroorsaak en baie van sy lede seergemaak,” het Glassman in ’n verklaring gesê.

“Om CrossFit te stig, sowel as om al die gimnasiums en lede regoor die wêreld te ondersteun, was ’n wonderlike voorreg. Sedert die sport 20 jaar gelede begin het, het dit een van die grootste internasionale gimnasium-netwerke geword.”

“Diegene wat my ken, weet dat my grootste besorgdheid die wêreldwye pandemie is. Ek weet dat CrossFit tot die gesondheid en fiksheid van sy lede kan bydra. Ek kan nie toelaat dat my optrede in die pad hiervan staan nie.”

Dave Castro, wat al vir jare in beheer van die CrossFit-spele is, sal by Glassman as die uitvoerende hoof oorvat.

Hy het gesê dat hy ook die belange van al die gimnasiums, afrigters, atlete en ander lede van die CrossFit-gemeenskap op die hart sal dra, terwyl hy nooit Glassman se visie vir die sport uit die oog sal verloor nie.

Rugby:

  • Volgens Rugby World Magazine is Warren Gatland die beste afrigter van alle tye.

Die afrigter van die Britse en Ierse Leeus het onder meer drie keer die Grand Slam saam met Wallis verower, terwyl hy ook vir drie jaar agtereenvolgend die Engelse Premierliga saam met Wasps gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.