Vandag se sportnuus

Warren Gatland. (AP Photo/Mark Baker)

Rugby:

  • Uiteindelik! Dit is weliswaar nie op tuisbodem nie, maar daar wag darem die naweek weer regstreekse aksie op uitgehongerde rugbygeesdriftiges.

Te danke aan die plaaslike Aotearoa-reeks is Nieu-Seeland die eerste land ter wêreld waar toeskouers weer by wedstryde toegelaat sal word.

Die Highlanders speel die naweek teen die Chiefs, terwyl die Blues teen die Hurricanes sal kragte meet.

Boonop het Warren Gatland (Chiefs) en Aaron Mauger (Highlanders) hul spanne gereed vir die tweestryd in Dunedin.

Mauger het gewaag en die opwindende Sam Gilbert op vleuel gekies, met Aaron Smith en Josh Ioane die skakelpaar. Ash Dixon sal op haker die span aanvoer.

Op sy beurt het die uitgeslape Gatland – wat pas deur Rugby World as die beste afrigter ooit aangewys is – sterre soos Damian McKenzie en Anton Lienert-Brown in die beginspan geplaas, terwyl die ervare Aaron Cruden op die plaasvervangersbank is.

Chiefs: Damian McKenzie (heelagter), Shaun Stevenson (regtervleuel), Quinn Tupaea (buitesenter), Anton Lienert-Brown (binnesenter), Sean Wainui (linkervleuel), Kaleb Trask (losskakel), Brad Weber (kaptein en skrumskakel), Pita Gus Sowakula (agtsteman), Lachlan Boshier (flank), Luke Jacobson (flank), Tupou Vaa’i (slot), Mitchell Brown (slot), Nepo Laulala (stut), Samisoni Taukei’aho (haker) en Aidan Ross (stut). Plaasvervangers: Bradley Slater, Ryan Coxon, Ross Geldenhuys, Naitoa Ah Kuoi, Dylan Nel, Te Toiroa Tahuriorangi, Aaron Cruden en Etene Nanai-Seturo.

Highlanders: Mitch Hunt (heelagter), Sam Gilbert (regtervleuel), Rob Thompson (buitesenter), Sio Tomkinson (binnesenter), Jona Nareki (linkervleuel), Josh Ioane (losskakel), Aaron Smith (skrumskakel), Marino Mikaele Tu’u (agtsteman), Dillon Hunt (flank), Shannon Frizell (flank), Pari Pari Parkinson (slot), Josh Dickson (slot), Siate Tokolahi (stut), Ash Dixon (kaptein en haker) en Ayden Johnstone (stut). Plaasvervangers: Liam Coltman, Daniel Lienert-Brown, Jeff Thwaites, Manaaki Selby-Rickit, Teariki Ben-Nicholas, Kayne Hammington, Teihorangi Walden en Vilimoni Koroi.

Die wedstryd skop Saterdag om 09:05 af en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

  • Intussen het SA Rugby gesê dat daar ’n moontlikheid is dat plaaslike rugby weer in Augustus hervat kan word.

Die nasionale rugbybeheerliggaam het navorsing gedoen en hul bevindings aan die regering gestuur.

“Ons hoop om binne die volgende paar dae terugvoer te kry en dan so gou moontlik weer te begin oefen,” het SA Rugby se uitvoerende hoof, Jurie Roux, gesê.

Tennis:

  • Tennis behoort ook ’n welkome terugkeer te maak met die Adria-toer wat in lande soos Kroasië en Serwië gespeel sal word.

Sterre soos Novak Djokovic, Alexander Zverev en Grigor Dimitrov sal in aksie wees. Tot 1 000 toeskouers mag die wedstryde bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.