Vandag se sportnuus

Michael Schumacher. Argieffoto.

Motorsport:

  • Volgens mediaberigte in Brittanje sal die legendariese F1-renjaer, Michael Schumacher, te midde van die wêreldwye Covid-19-pandemie nie binnekort ’n stamsel-operasie ondergaan nie.

Die 51-jarige Schumacher het in 2013 ernstige hoofbeserings opgedoen ná ’n ski-ongeluk in die Franse Alpe.

Maroela Media het verlede week berig dat hy binnekort deur ’n wêreldbekende chirurg geopereer word. Dr. Phillippe Menasche, ’n Franse kardioloog en wêreldleier op die gebied van stamsel-behandeling, sal poog om die Ferrari-renjaer se senuweestelsel te herstel.

Maar volgens die Sunday Express is Schumacher se familie bekommerd oor die gevare wat Covid-19 inhou.

Volgens The Guardian sal die operasie heroorweeg word sodra die gesondheidsrisiko’s van die pandemie minder is.

Schumacher is die suksesvolste renjaer in F1-geskiedenis. Hy is sewe keer as die wêreldkampioen gekroon, terwyl hy 91 wedrenne in sy loopbaan gewen het.

Rugby:

  • Die eerste salvo’s in Nieu-Seeland se Aotearoa-reeks is afgevuur met die Highlanders en die Blues wat aan die wenkant was.

In Dunedin het die Highlanders Warren Gatland se Chiefs met 28–27 getroef, terwyl die Blues in ’n aanskoulike wedstryd 30–20 met die Hurricanes afgereken het.

Hierdie naweek speel die Chiefs teen die Blues (Saterdag om 09:05), terwyl die Crusaders teen die Hurricanes (Sondag om 05:35) sal kragte meet.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

BoerSonderRoer ·

Ek raak elke keer hartseer as ek aan Michael dink.

Dit gee soveel gewig aan mense wat se “darem het ek my gesondheid”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.