Vandag se sportnuus

Faf du Plessis. Foto: Twitter/OfficialCSA

Krieket:

  • Faf du Plessis se verstommende walgooi-beurt in sy toetsbuiging teen Australië in Adelaide word deur die Aussie-pers as die beste kolfbeurt op hul tuisbodem in die 21ste eeu bestempel.

Du Plessis het in 2012 sy debuut op 28-jarige ouderdom in ’n boulaanval van Peter Siddle, Nathan Lyon, Ben Hilfenhaus en James Pattinson gemaak. Boonop het die tuisspan, te danke aan Michael Clarke se dubbelhonderdtal, 550 lopies in hul eerste beurt opgestapel.

Die Proteas het met 388 lopies geantwoord, maar toe hulle tweede beurt begin het, moes hulle ’n wêreldrekord-telling van 430 vir ’n oorwinning gejaag het.

Die Suid-Afrikaners was diep in die moeilikheid met hul telling op 45/4, maar Du Plessis en AB de Villiers (33 van 220 aflewerings) het voortreflik wal gegooi.

Die Proteas het uiteindelik vir 148 boulbeurte gekolf om die toets te beredder, met Du Plessis wat ’n onoorwonne 110 van 376 balle aangeteken het.

Nadat die Adelaide-toets op dramatiese wyse gered is, het die Proteas soveel selfvertroue gehad dat hulle die beslissende toets in Perth op ’n drafstap gewen het.

Die 20 top-toetsbeurte in Australië in die 21ste eeu volgens cricket.com.au:

  1. Faf du Plessis (Suid-Afrika): 110*
  2. Ricky Ponting (Australië): 257
  3. Rahul Dravid (Indië): 233
  4. JP Duminy (Suid-Afrika): 166
  5. Brian Lara (Wes-Indië): 226
  6. Sachin Tendulkar (Indië): 241*
  7. Kumar Sangakkara (Sri Lanka): 192
  8. Steve Smith (Australië): 141*
  9. Michael Clarke (Australië): 230
  10. Kevin Pietersen (Engeland): 227
  11. AB de Villiers (Suid-Afrika): 106*
  12. Cheteshwar Pujara (Indië): 123
  13. Hashim Amla (Suid-Afrika): 196
  14. Steve Smith (Australië): 239
  15. VVS Laxman (Indië): 167
  16. Alistair Cook (Engeland): 235*
  17. Virat Kholi (Indië): 141 en 115
  18. David Warner (Australië) 123*
  19. Virender Sehwag (Indië): 195
  20. Ricky Ponting (Australië): 120 en 143*

Rugby:

  • Die veteraan-losskakel Aaron Cruden is in die Chiefs se beginspan vir die naweek se Aotearoa-kragmeting teen die Blues in Hamilton.

Die nuwe All Blacks-kaptein, Sam Cane, is steeds nie in die span nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.