Vandag se sportnuus

Die WWE-legende, The Undertaker, het sy uittrede aangekondig. Foto: Twitter.

Rofstoei:

  • Ja, dit mag dalk nie sport in die tradisionele sin van die woord wees nie – daar is dalk net ’n tikkie te veel toneelspel betrokke – maar een van World Wrestling Entertainment (WWE) se grootste sterre het sy uittrede aangekondig.

Mark Calaway, beter bekend as The Undertaker, het vir 30 jaar rofstoei-ondersteuners as deel van die WWE-span vermaak. Hy het in ’n episode van The Last Ride sy uittrede bevestig.

“As die WWE in die knyp is, mag ek dalk weer kom uithelp. Maar in hierdie stadium van my loopbaan het ek geen begeerte om weer deel te neem nie,” het die 55-jarige Calaway gesê.

Hy was drie keer in sy loopbaan die WWE-swaargewigkampioen, terwyl hy gereeld in die hoofvertoning van Wrestlemania – die vlagskipuitsending van die WWE – was.

Mederofstoeiers het hulde aan Calaway gebring en onder meer gesê dat hy ’n ikoon van die sport is.

“Ek het vir baie jare rofstoei gevolg, maar die Undertaker se geveg teen Yokozuna in 1994 is die rede waarom ek lief geword het vir die sport,” het Tony Nese gesê.

Sokker:

  • In sokkernuus het Cristiano Ronaldo se strafdoel gehelp dat Juventus 2–0 met Bologna in hul Serie A-kragmeting afgereken het.

Rugby:

  • Intussen is daar bevestig dat twee All Blacks-sterre, Nehe Milner-Skudder en Josh Ioane, nie deel van die Highlanders se planne vir die komende Aotearoa-wedstryd teen die Blues is nie.

Albei spelers herstel nog van beserings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.