Vandag se sportnuus

Francois Pienaar. Argieffoto.

Rugby:

  • Vyf-en-twintig-jaar gelede het die Springbokke vir die eerste keer in hul geskiedenis die Webb Ellis-trofee omhoog gehou toe Francois Pienaar se Bokspan die All Blacks met 15 – 12 op Ellispark geklop het.

Lees Pieter Kruger se berig binnekort op Maroela Media oor dié eindstryd.

Die Springbokke het die trofee ook in 2007 en in 2019 gewen.

  • Die Crusaders-kaptein, Scott Barrett, sal die res van die Aotearoa-reeks misloop weens ’n voetbesering wat hy in ’n oefenwedstryd opgedoen het.

Codie Taylor het vroeër die Christchurch-span teen die Hurricanes aangevoer.

Krieket:

  • Nóg sewe Pakistanse krieketspelers het positief vir Covid-19 getoets.

Fakhar Zaman, Imran Khan, Kashif Bhatti, Mohammad Hafeez, Mohammad Hasnain, Mohammad Rizwan en Wahab Riaz het positief getoets. Gister het Shadab Khan, Haider Ali en Haris Rauf ook gesê dat hulle Covid-19-positief is.

Al tien spelers is in kwarantyn en sal nie Sondag saam met die res van die groep na Engeland vir die komende toetsreeks reis nie.

  • Intussen het die opwindende Jofra Archer aangedui dat hy gereed sal wees vir die Wes-Indiese reeks.

Die Engelse snelbouler het sy elmboog in Suid-Afrika beseer en was sedertdien op die krukkelys.

Die eerste toets tussen Engeland en Wes-Indië begin op 8 Julie in Southampton.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.