Vandag se sportnuus

Tennis

By die Italiaanse Ope is Rafa Nadal deur na die derde ronde nadat Nicolas Almagro ʼn kniebesering opgedoen het. Kei Nishikori het David Ferrer met 7-5 en 6-2 geklop.

Die derde gekeurde Stanislas Wawrinka reken af met Benoit Paire met 6-3, 1-6 en 6-3. Die vyfde gekeurde Milos Raonic het Tommy Haas huis toe gestuur met 6-4 en 6-3.

In die vroueafdeling het Garbine Muguruza die derde ronde bereik. Die wêreldnommereen, Angeliquer Kerber, is egter uitgeskakel.

Sewesrugby

Die laaste toernooi in vanjaar se Wêreldreeks word die naweek in Londen gespeel. Die Blitsbokke sal op dag een in groep A teen Kenia, Wallis en die VSA speel.

Superrugby

Kom ons loer na die puntestand van die onderskeie konferensies.

Afrika 1 Konferensie

Afrika 2 Konferensie

 

Nieu-Seeland Konferensie

Australië Konferensie

Gholf

In die Amerikaanse reeks begin die AT&T Byron Nelson Classic vandag in Texas. Die Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees, is Charl Schwartzel, Ernie Els, Louis Oosthuizen, Rory Sabbatini en Tyrone van Aswegen.

In Europa slaan die spelers vanoggend af in die Rocco Forte Ope in Italië.

Motorwedrenne

Die oefenrondes vir die Franse Moto GP word môre op Le Mans gejaag.

Fietsry

Die Toer van Italië se 11de skof is gister afgehandel.

Skof:

Algeheel:

IPL-Krieket

Een wedstryd is gister afgehandel.

Die Kolkata Knight Riders het die tweede kwalifiseringswedstryd gehaal ná ʼn oorwinning van 7 paaltjies oor die Sunrisers Hyderabad. Die uitslag is ná reën volgens die Duckworth-Lewis-metode bepaal.

Bepalings:

Môre speel die Knight Riders teen die Mumbai Indians in die tweede kwalifiseringswedstryd.

Eendagkrieket

Nieu-Seeland en Bangladesj het gister kragte gemeet.

Bangladesj 257/9 (50 bb)

Nieu-Seeland 258/6 (47.3/50 bb)

Nieu-Seeland wen met 4 paaltjies met 15 balle oor.

Vrouekrieket

Suid-Afrika het gister teen Indië in die vierhoekige Eendagreeks op Potchefstroom gespeel.

Suid-Afrika   269/5 (50 bb)

Indië               261/9 (50 bb)

Suid-Afrika wen met 8 lopies.

Sokker

In die Engelse Premierliga is een wedstryd gisteraand afgehandel:

Southampton                       0 – 0    Manchester United

Vanaand speel Leicester City teen Tottenham Hotspur om 20:45.

In Suid-Afrika se Premierliga is agt wedstryde gisteraand gespeel. Wits is as die kampioenspan gekroon ná hul oorwinning oor Polokwane City.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.