Vandag se sportnuus

Boucher en kie kan weer aan die Protea-spelers se vaardighede skaaf. Foto: Twitter.

Krieket:

  • Krieket Suid-Afrika (KSA) het gister bevestig dat van die land se beste spelers weer mag oefen nadat die departement van sport, kuns en kultuur die nodige toestemming gegee het.

Die hoëprestasie-groep, wat spelers soos Quinton de Kock, Janneman Malan, Faf du Plessis en Kyle Verreynne insluit, sal hulle in klein groepies by hul naaste franchise aanmeld. Hulle sal onder die wakende oog van KSA se Covid-19-komitee oefen.

Spelers en amptenare sal gereeld by die verskillende venues getoets word.

Die hoëprestasie-groep is: Quinton de Kock, Dean Elgar, Lungi Ngidi, Aiden Markram, Junior Dala, Theunis de Bruyn, Rassie van der Dussen, Shaun von Berg, Dwaine Pretorius, Heinrich Klaasen, Temba Bavuma, Reeza Hendricks, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Wiaan Mulder, Bjorn Fortuin, Andile Phehlukwayo, David Miller, Sarel Erwee, Khaya Zondo, Daryn Dupavillon, Keshav Maharaj, Senuran Muthusamy, Keagan Petersen, Imran Tahir, Lutho Sipamla, Edward Moore, Anrich Nortje, Sisanda Magala, Glenton Stuurman, Jon-Jon Smuts, Rudi Second, Pite van Biljon, Raynaard van Tonder, Gerald Coetzee, Pieter Malan, Zubayr Hamza, Janneman Malan, Faf du Plessis, Tony de Zorzi, Beuran Hendricks, Nandre Burger, George Linde en Kyle Verreynne.

Rugby:

  • Die 33-jarige Brad Barritt het aangedui dat vanjaar sy laaste seisoen aan die stuur van Saracens sal wees.

Barritt het deel van die Saracens-opset in 2008 geword, terwyl hy as kaptein in 2016 aangewys is. Hy het in sy 257 wedstryde vir die span reeds vyf keer die Engelse Premierliga gewen.

Hy het matriek aan Kearsney College in KwaZulu-Natal behaal en vir die Haaie in Suid-Afrika gespeel.

  • Intussen het Oupa Mohoje sy kontrak met die Cheetahs verleng.

Die 29-jarige flank sal nou tot 31 Mei 2021 in Bloemfontein wees. Mohoje het reeds 19 wedstryde vir die Springbokke gespeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.