Vandag se sportnuus

Bernie Ecclestone. Foto: Twitter.

Formule Een:

  • Die voormalige F1-baas Bernie Ecclestone het op 89-jarige ouderdom weer pa geword.

’n Familiewoordvoerder het bevestig dat die Brit se 44-jarige vrou Fabiana Flosi geboorte aan ’n seun gegee het.

Ace is die egpaar se eerste kind. Ecclestone het drie dogters – Tamara, Petra en Deborah – uit vorige huwelike.

Hy was onlangs in die spervuur omdat hy in ’n onderhoud gesê het dat swart mense soms groter rassiste as wit mense is. Veral die uitgesproke wêreldkampioen Lewis Hamilton het hom daaroor aangevat.

Intussen sal F1-aksie die week hervat word met die wedren op die Spielberg-renbaan in Oostenryk.

Die kwalifiserende rondes sal môre vanaf 14:55 op SuperSport1 uitgesaai word, terwyl die hoofwedren Sondag vanaf 15:05 op dieselfde kanaal is.

Rugby:

  • Verskeie spelers het aangekondig dat hul paaie met die Vrystaatse Cheetahs sal skei.

Hul haker, die talentvolle Joseph Dweba, sal voortaan sy rugby in Frankryk vir Bordeaux speel. Hy het 48 wedstryde vir die Cheetahs gespeel en was ’n lid van verlede jaar se seëvierende Curriebekerspan.

Dan het drie spelers – Gerhard Olivier (besering), Justin Basson (besering) en Louis Fouché (sakegeleentheid) – hul uittrede aangekondig.

Rabz Mazwane is deur die Leeus nadergetrek, terwyl Sintu Manjezi op Loftus Versfeld in aksie sal wees.

  • Intussen het NZ Rugby bevestig dat Beauden Barrett volgende jaar se Superrugby-seisoen sal misloop om vir die Suntory Sungoliath-span in Japan te speel.

Barrett het in die Aotearoa-reeks sy buiging vir die Blues gemaak, nadat hy jare lank een van die Hurricanes se steunpilare was.

Die 29-jarige sal egter na sy geboorteland vir die 2021-toetsseisoen terugkeer. Hy sal daarna ook beskikbaar vir die Blues wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Stefan

Ek sou maar DNA toetse laat doen.