Vandag se sportnuus

Dan Carter in sy Blues-trui. Foto: Twitter.

Rugby:

  • Trek solank jou sitplekgordel stywer want hier kom lekker rugby-aksie dié naweek!

Die twee voorste spanne in die Aotearoa-reeks, die Crusaders en die Blues, meet Saterdag op die Orangetheory-stadion kragte.

Blues-ondersteuners sal egter nog ’n rukkie moet wag voordat hulle die kombinasie van Dan Carter en Beauden Barrett saam in aksie sien.

Hoewel die 38-jarige Carter die afgelope naweek klubrugby in Nieu-Seeland gespeel het, sal hy nie teen sy voormalige span losgelaat word nie.

Die wedstryd sal Saterdag om 09:05 afskop en regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Blues: Beauden Barrett (heelagter), Mark Telea (regtervleuel), Rieko Ioane (buitesenter), Harry Plummer (binnesenter), Caleb Clarke (linkervleuel), Otere Black (losskakel), Finlay Christie (skrumskakel), Hoskins Sotutu (agtsteman), Dalton Papalii (flank), Akira Ioane (flank), Josh Goodhue (slot), Patrick Tuipulotu (slot en kaptein), Ofa Tu’ungafasi (stut), James Parsons (haker) en Alex Hodgman (stut). Plaasvervangers: Kurt Eklund, Karl Tu’inukuafe, Sione Mafileo, Aaron Carroll, Blake Gibson, Jonathan Ruru, TJ Faiane en Matt Duffie.

Crusaders: David Havili (heelagter), Sevu Reece (regtervleuel), Braydon Ennor (buitesenter), Jack Goodhue (binnesenter), George Bridge (linkervleuel), Richie Mo’unga (losskakel), Bryn Hall (skrumskakel), Whetukamokamo Douglas (agsteman), Tom Christie (flank), Tom Sanders (flank), Mitchell Dunshea (slot), Sam Whitelock (slot), Mike Alaalatoa (stut), Codie Taylor (haker en kaptein) en Joe Moody (stut). Plaasvervangers: Andrew Makalio, George Bower, Oli Jager, Quinten Strange, Sione Havili, Mitchell Drummond, Fetuli Paea en Will Jordan.

Krieket:

  • Reënweer het vir ’n teleurstellende eerste dag gesorg in die toets tussen Engeland en die Wes-Indiese Eilande in Southampton.

Net 17,4 boulbeurte kon afgestuur word en Engeland was 35/1 toe spel amptelik beëindig is.

  • Intussen het Australië se afrigter Justin Langer gesê dat dit goed vir wêreldkrieket sal wees as die Aussies na Engeland sal toer.

Australië moet in September na Engeland vir ’n eendagreeks reis; te midde van die wêreldwye Covid-19-pandemie.

“Ek dink ons moet Engeland toe gaan. Natuurlik is daar baie uitdagings, maar ons moet oplossings soek om dit moontlik te maak. Ek dink dit sal goed vir krieket wees,” het Langer gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.