Vandag se sportnuus

Tennis

By die Italiaanse Ope het Duitsland se Alexander Zverev, die plaaslike gunsteling  Fabio Fognini, in skoon stelle in die derde ronde geklop. Novak Djokovic en Rafa Nadal is deur na die Kwarteind, maar Stanislas Wawrinka is uitgeskakel.

In die Vroue-afdeling het Venus Williams die kwarteind bereik deur die vyfde gekeurde Johanna Konta in drie stelle te klop. Simona Halep en Daria Gavrilova is ook deur na die kwarteindronde.

Sewesrugby

Die laaste toernooi in vanjaar se Wêreldreeks word dié naweek in Londen gespeel. Die Blitsbokke se bepalings vir more lyk só:

 

Superrugby

Kom ons loer na die bepalings vir dié naweek:

Gholf

In die Amerikaanse reeks is die eerste ronde van die AT&T Byron Nelson Classic afgehandel.

In Europa, by die Rocco Forte Ope in Italië, staan sake só na die eerste ronde.

Motorwedrenne

Die Franse Moto GP word Sondag op Le Mans gejaag. Die Yamaha-span van Valentino Rossi en Maverick Vinales sal hul goeie vorm van vroeër die seisoen wil herondek, ná ’n moeilike wedren in Spanje.  Die veteraan Rossi is voor op die punteleer met 62 punte.

Die voormalige MotoGP-wêreldkampioen, Nicky Hayden, is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat ’n motor hom getref het terwyl hy fietsgery het.

Fietsry

Die Toer van Italië se 12de skof is gister afgehandel.

Skof:

Algeheel:

IPL-Krieket

Die voorlaaste wedstryd in die reeks word vandag gespeel. Die Knight Riders speel teen die Mumbai Indians in die tweede kwalifiserderingswedstryd om te bepaal wie Sondag in die eindstryd teen die Rising Pune Supergiant in aksie sal wees.

Vrouekrieket

Suid-Afrika speel vandag teen Ierland in die vierhoekige Eendagreeks op Potchefstroom.

Sokker

FIFA se o.20-wêreldbekertoernooi begin more in Suid-Korea

In die Engelse Premierliga is een wedstryd gisteraand afgehandel:

Leicester City 1 – 6  Tottenham Hotspur. Harry Kane het vier doele aangeteken.

Die 2017 seisoen loop Sondag ten einde met tien wedstryde wat gespeel word.

In Suid-Afrika se Premierliga word daar more ag wedstryde gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.