Vandag se sportnuus

Damian de Allende en Faf de Klerk. Foto: ANA.

Rugby:

  • Suid-Afrika se Wêreldbeker-senter Damian de Allende kan reeds volgende maand vir Munster in die Guinness Pro14-reeks in aksie wees.

De Allende sal saam met die voormalige Bulls-slot RG Snyman voortaan vir die Ierse klub speel.

Volgens die rugbywebblad Rugbypass het Munster bevestig dat die klub se ondersteuners binnekort vir De Allende op die speelveld sal sien.

Hoewel hy las van ’n liesbesering het, is Johann van Graan (hoofafrigter) vol vertroue dat hy vir die eerste wedstryde (in die laaste twee weke van Augustus) gereed sal wees.

  • Intussen kan Rohan Janse van Rensburg ’n gedugte senterkombinasie met Manu Tuilagi vir die Sale Sharks vorm.

Die 29-jarige Tuilagi het onlangs ’n kontrak met dié Engelse Premierliga-klub onderteken wat hom tot die einde van 2021 op die AJ Bell-stadion sal hou.

  • In plaaslike rugbynuus sal die voormalige Bulls-kaptein Burger Odendaal sy rugby vir die Lions speel nadat hy nie deel van Jake White se Pretoria-planne is nie.

Odendaal het sy skoolrugby vir Hoërskool Monument in Krugersdorp gespeel.

Gholf:

  • Tiger Woods sal Donderdag sy terugkeer tot mededingende gholf by Jack Nicklaus se Memorial-toernooi maak.

Hy sal saam met Rory McIlroy en Brooks Koepka afslaan.

Sokker:

  • In gister se Engelse Premierliga-aksie het Manchester United gelykop (2-elk) teen Southampton op Old Trafford gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae