Vandag se sportnuus

Tiger Woods wen die Meesterstoernooi (14 April 2019) (Foto: AP Photo/David J. Phillip, File)

Gholf:

  • Tiger Woods slaan vandag in sy eerste mededingende gholftoernooi in vyf maande af wanneer hy saam met spelers soos Rory McIlroy en Brooks Koepka by die Memorial-toernooi in Ohio in aksie is.

Die 44-jarige Amerikaner sal poog om op die baan waar hy reeds vyf keer koning gekraai het, sy 83ste titel op die PGA-toer te verower.

Woods het met rugprobleme gesukkel, maar dit blyk iets van die verlede te wees. Hy slaan vanaand om 19:17 (SA tyd) af.

Krieket:

  • Kagiso Rabada en Sisanda Magala sal weens die dood van familielede nie deel van die naweek se 3TeamCricket-wedstryd op SuperSportpark in Centurion wees nie.

Hulle sal deur onderskeidelik Thando Ntini en Bjorn Fortuin vervang word, terwyl Heinrich Klaasen die kapteinskap by Rabada sal oorneem.

Chris Morris sal ook die wedstryd misloop en sal deur Gerald Coetzee vervang word. Geen rede is vir Morris se afwesigheid gegee nie.

Die wedstryd sal Saterdag om 10:45 begin en sal regstreeks op SuperSport 2 uitgesaai word.

Die jongste spanne:

Mr D Food Kites: Quinton de Kock (kaptein), Temba Bavuma, Jon-Jon Smuts, David Miller, Dwaine Pretorius, Lutho Sipamla, Beuran Hendricks en Anrich Nortjé.

OUTsurance Kingfishers: Heinrich Klaasen (kaptein), Reeza Hendricks, Janneman Malan, Faf du Plessis, Thando Ntini, Gerald Coetzee, Glenton Stuurman en Tabraiz Shamsi.

Takealot Eagles: AB de Villiers (kaptein), Aiden Markram, Rassie van der Dussen, Kyle Verreynne, Andile Phehlukwayo, Bjorn Fortuin, Junior Dala en Lungi Ngidi.

Rugby:

  • In rugbynuus het die Bulls-haker Jaco Visagie ook die trek oor die Jukskeirivier aangepak.

Die 28-jarige sal voortaan sy rugby vir die Lions speel. Hy is die derde speler, saam met Burger Odendaal en EW Viljoen, wat vandeesweek kontrakte met die Johannesburgers onderteken het.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.