By die Italiaanse Ope het Duitsland se Alexander Zverev vir Novak Djokovic in die eindstryd met 6-4 en 6-3 geklop.
In die Vroue-afdeling het die Oekraïne se Elina Svitolina in die eindstryd verras deur met Simona Halep klaar te speel. Die telling was 4-6, 7-5 en 6-1.
Sewesrugby
Die laaste toernooi in vanjaar se Wêreldreeks is die naweek in Londen gespeel. Die Blitsbokke is as die 2016-’17-reekswenners aangewys. Van die tien toernooie het hulle agt keer die eindstryd gehaal, en was vyf keer aan die wenkant.
Die naweek het hulle egter in die kwarteind pak gekry en uiteindelik vyfde geëindig. Die wenners was Skotland, wat met Engeland in die eindstryd afgereken het.
Die uitslae lyk só:
Superrugby
Kom ons loer na die uitslae van die afgelope naweek.
Gholf
In die Amerikaanse reeks is die AT&T Byron Nelson Classic afgehandel.
In Europa is die Rocco Forte Ope in Italië gespeel. In die valbylstryd het Suid-Afrika se Zander Lombard op die tweede putjie ʼn brouhou aangeteken wat die titel aan Alvaro Quiros besorg het.
Motorwedrenne
Die Franse Moto GP is gister op Le Mans gejaag.
Fietsry
Die Toer van Italië se 15de skof is gister tussen Valdengo en Bergamo oor ʼn afstand van 199 km afgehandel.
Skof:
Algeheel:
Vandag is ʼn rusdag.
IPL-krieket
Die eindstryd is gister beslis. Die Mumbai Indians het met sensasionele veldwerk die Rising Pune Supergiant tot 128/6 beperk en die Indiese Premierliga-eindstryd vir die eerste keer gewen.
Mumbai Indians 129/8 (20 bb)
Rising Pune Supergiant 128/6 (20 bb)
Mumbai Indians wen met 1 lopie.
Vrouekrieket
Suid-Afrika het gister teen Indië in die eindstryd van die vierhoekige Eendagreeks op Potchefstroom gespeel. Indië het met 8 paaltjies gewen om nie net die wedstryd nie, maar ook die reeks te verower.
Varsitybekerhokkie
Die eindstryd van vanjaar se vrouekompetisie vind vanaand by die Universiteit van Pretoria plaas. Tukkies en Maties sal sake om 18:45 uitspook om die gesogte kroon.
Sokker
Fifa se o.20-wêreldbekertoernooi het Saterdag in Suid-Korea afgeskop.
Gister het Suid-Afrika teen Japan gespeel en Japan het koning gekraai met 2-1.
Van die ander uitslae lyk só:
Argentinië 0 – 3 Engeland
Venezuela 2 – 0 Duitsland
Die Engelse Premierliga se seisoen het gister geëindig. Tien wedstryde is afgehandel.
In Suid-Afrika se Premierliga is daar agt wedstryde gespeel.