Vandag se sportnuus

Die oomblik toe Jonty Rhodes ’n krieketsuperster geword het. Foto: Facebook.

Krieket:

  • Die man wat deur baie kenners as waarskynlik die beste veldwerker van alle tye bestempel word, Jonty Rhodes, vier vandag sy 51ste verjaardag.

Die energieke Rhodes het sy stempel op internasionale krieket gedurende die 1992 Wêreldbeker-toernooi in Australië afgedruk toe hy vir Inzamam-ul Haq op ’n skouspelagtige wyse uitgehardloop het.

Hy het uiteindelik in 52 toetse en in 245 eendagwedstryde vir Suid-Afrika gespeel.

  • Engeland is goed op koers om die derde en beslissende toets teen die Wes-Indiese Eilande op Old Trafford te wen.

Die Windies moet 399 lopies vir ’n onwaarskynlike oorwinning aanteken. Teen uitskeityd het hulle op 10/2 gewankel met John Campbell en Kemar Roach reeds terug in die kleedkamer.

Stuart Broad (2/8) het van albei kolwers ontslae geraak.

Rugby:

  • Die Chiefs het die afgelope naweek hul sesde agtereenvolgende nederlaag in die Aotearoa-reeks gely, toe die Blues hulle met 21 – 7 gewen het.

In die ander kragmeting het die Crusaders se onoorwonne rekord in Christchurch in die slag gebly toe die Hurricanes hulle met 34 – 32 geklop het.

Die Crusaders was vir 36 wedstryde onoorwonne op hul tuisveld.

  • Dan het Ierland se ster-senter, Brian O’ Driscoll, sy beginvyftiental gekies wanneer die Britse Leeus die Springbokke volgende jaar aanvat.

Hy het onder meer die omstrede Maro Itoje op flank as teenvoeter vir Pieter-Steph du Toit gekies.

Gholf:

  • Suid-Afrika se Charl Schwartzel het derde by 3M Ope in Minnesota geëindig.

Die toernooi is deur Michael Thompson gewen ná sy goeie rondes van 64, 66, 68 en 67. Schwartzel het goed gespeel, maar sy rondes van 66, 68, 66 en 68 was net nie goed genoeg om vir Thompson te klop nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae