Vandag se sportnuus

Maro Itoje. Foto: Twitter.

Rugby:

  • Die voormalige Springboksenter, Brendan Venter, het Warren Gatland aangeraai om nie vir Maro Itoje die kapteinskapleisels vir volgende jaar se Britse en Ierse Leeus-toer na Suid-Afrika te gee nie.

“Alhoewel Maro ongelooflike potensiaal het, glo ek nie dat hy gereed is om die Leeus aan te voer nie,” het die voormalige Saracens-afrigter gesê.

“Sy waardes is goed, maar ek dink dit sal moeilik vir hom wees; hy dra reeds op soveel ander maniere tot ’n span se sukses by. Ek is nie seker of dit sal sin maak om van ’n jong man te verwag om die Britse en Ierse Leeus aan te voer nie.”

Tog is Itoje een van die Britte, onder wie Gatland, se gunstelingkeuses om die kapteinskapleisels by Sam Warburton oor te neem.

So van Gatland gepraat, die man wat deur sommige kenners as die beste afrigter ooit bestempel word, het met ’n harde slag terug aarde toe gekom.

Gatland se Chiefs het die afgelope naweek hul sewende agtereenvolgende nederlaag gely toe die Blues hulle met 21 – 17 geklop het.

Om hierdie rekord in perspektief te plaas: Saam met Wallis het hy onder meer 14 agtereenvolgende toetswedstryde gewen.

Hy staan juis in Nieu-Seelandse media as 007 bekend.

Krieket:

  • Kwaai reën het veroorsaak dat geen spel moontlik was op die vierde dag van die beslissende toets tussen Engeland en die Wes-Indiese Eilande op Old Trafford nie.

Die Windies benodig ’n verdere 389 lopies met agt paaltjies staande vir ’n onwaarskynlike oorwinning.

Stuart Broad – wat met boulsyfers van 6/31 en 2/8 in die toets spog – kort net een paaltjie om met 500 toetsslagoffers te spog.

Sokker:

  • In sokkernuus is die Liverpool-afrigter, Jurgen Klopp, deur die League Managers’ Association as die beste sokkerbreier van die jaar aangewys.

Dit kom nadat sy Liverpool-span vir die eerste keer in 30 jaar met die louere in die Engelse Premierliga weggestap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.